Die rooibekeend (Anas erythrorhyncha) is 'n baie algemene standvoël in Suidelike Afrika.

Identifikasie 'n Betreklik klein eendjie van 43–48 cm. Dit is 'n bruin eend met 'n donker area bo op die kop en 'n prominente rooi swawel. Die wit wang is nog 'n kenmerk waaraan dit uitgeken kan word.

Habitat Gee voorkeur aan vlak, opdroënde vleie. Hulle vorm graag swerms naby vars water.

Dieet Dieet bestaan hoofsaaklik uit waterplante, insekte, paddas en vissies.

Verspreiding Verspreid oor die meeste dele van Suidelike-Afrika. Die eendsoort word, net soos die geelbekeend, van die Kaap tot in Abessinië aangetref, maar is veral volop in die Karoo.

Broeigewoontes Die nes is altyd naby die water en uitgevoer met dons.

Ander name Engelse naam: Red-billed Teal Wetenskaplike naam: Anas erythrorhyncha

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bronnelys KENNIS,  vol 14, 1980, bl. 2898-2899, 

Kategorie:Eendvoëls