Die miombo-rooibandsuikerbekkie is 'n algemene standvoël in miombo-boomveld van Suidelike-Afrika. In Engels staan dit bekend as die miombo double-collared sunbird of eastern miombo sunbird.

Identifikasie 13 cm. Helder glansgroen kop en bo-rug, met 'n blou streep onder groen borsgedeelte, gevolg deur 'n dun helder glansrooi borsband. Die res van die onderkant is bruin-grys, en die vlerke is bruin. Hierdie spesie kan maklik met die kleinrooibandsuikerbekkie verwar word, maar die gebiede waar hulle voorkom oorvleuel nie. Die vroulike suikerbekkie het 'n grys-bruin bokant en grys-geel onderkant.

Habitat Miombo-boomveld tot aan die rande van woude.

Verspreiding Aanwesig in boomveld in die oorgrootte deel van Zimbabwe.

Geluid 'n Skerp tjie-tjie-geluid.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Verwysings

Kategorie:Suikerbekkies