Die Bontelsie is 'n waadvoël en 'n algemene standvoël in suidelike Afrika. Dit het 'n wye verspreiding in die Ou Wêreld, en is ten dele ook 'n trekvoël.
Identifikasie Volwasse voëls het wit vere behalwe vir 'n swart hoof en swart vlekke op die vlerke en op die rug. Hulle het lang na bo-gekeerde snawels en lang blouerige bene.
Habitat Die habitat is hoofsaaklik vlak damme, mere en vleie. Hulle broei op oop grond, soms in klein groepies. Die broeisel bestaan normaalweg uit 3 tot 5 eiers.
Verspreiding Die Bontelsie broei in Europa en sentraal-Asië en oorwinter in Afrika en Suid-Asië. In 1840 het dit as 'n broeispesie in Brittanje uitgesterf, maar dit kon die eiland sedert 1947 herkoloniseer.
Geluid Die Bontelsie uiter harde kloet-kloet-kloet geluid.
Ander name Engelse naam: Pied avocet Wetenskaplike naam: Recurvirostra avosetta
Fotogalery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Verwysings
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Kategorie:Elsies