Die kleinflamink is 'n spesie in die flaminkfamilie wat in Afrika, Pakistan en Noordwes Indië voorkom. Alhoewel dit die volopste van die flaminkspesies is, is die bevolking steeds kwesbaar weens etlike bedreigings.

Identifikasie Die meeste van die vere is pient-wit. Die duidelikste verskil van die grootflamink is die addisionele swart op die snawel.

Habitat Dié flamink eet hoofsaaklik die alge Spirulina plantensis, wat voorkom in mere met 'n baie hoë sout gehalte. Hulle snawels is goed aangepas vir klein voedselitems. Soos die meeste flaminke word 'n enkele kalk-wit eier gelê op 'n klein modderhoop.

Verspreiding Die kleinflamink kom voor in Afrika, hoofsaaklik in die Groot Skeurvallei en in die noord-weste van Indië. In Suid-Afrika broei die flamink by Kamferdam digby Kimberley. Dit is die kleinste van die flaminkspesies.

Ander name Engelse naam: Lesser flamingo Wetenskaplike naam: Phoenicopterus minor

Fotogalery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Verwysings

Bron Newman se Voëls van Suider-Afrika;

Kategorie:Flaminke