Die rooipootelsie (Himantopus himantopus) is 'n wydverspreide, langbeenwaadvoël in die steltfamilie Recurvirostridae.
Identifikasie Volwasse voëls is 33–36 cm lank. Hulle het lang pienk bene, 'n lang dun swart snawel en is hoofsaaklik wit met 'n swart hoof en 'n swart rug.
Habitat Hulle broei hoofsaaklik in vleie, vlak mere en vlak damme. Die nes is op oop grond naby water.
Verspreiding Die rooipootelsie kom voor in die suide en Suid-Ooste van Europa, Sentraal-Asië, Afrika, Australië, Sentraal-Amerika, Suid-Amerika, Hawaii, die Filippyne, Suid-Sentraal Kanada, die Weste en Suid-Ooste van die VSA.
Subspesies H. h. himantopus H. h. leucocephalus H. h. knudseni H. h. mexicanus H. h. melanurus
Ander name Engelse naam: Black-winged Stilt Wetenskaplike naam: Himantopus himantopus
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Kategorie:Elsies