Die Franse département Manche (50) met 'n oppervlakte van 5 938 vierkante kilometer en 'n bevolking van 499 531 in 2011 maak deel uit van die région (gewes) Normandië. Dit is die 50ste département in alfabetiese volgorde. Manche is vernoem na die Engelse Kanaal (Frans: La Manche of "Die Mou").

Geskiedenis Die gebied van die huidige Manche is oorspronklik bewoon deur Galliese stamme en word later deur die Romeine, Bretonners en in 933 deur die Noormanne verower. In 1204 word die gebied by Frankryk ingelyf.

Die huidige département Manche is tydens die Franse Rewolusie op 14 Maart 1794 gevorm as deel van die historiese provinsie Normandië.

Geografie Die département sluit onder meer die Cotentin-skiereiland en die eilandgroep van Chausey in. Dit word begrens deur die Engelse Kanaal en die départemente Calvados, Orne, Mayenne en Ille-et-Vilaine.

Klimaat Manche het 'n tipiese maritieme klimaat met oorwegend westelike winde, wat ook verantwoordelik is vir die hoër reënval van die gebied. Die gemiddelde temperatuur is 5 °C in Januarie en 19 °C in Julie.

Demografie Daar is sowat 20 stede (unités urbaines) in die département, waarvan die metropolitaanse gebied van Cherbourg met sy sowat 100 000 inwoners die belangrikste en ook die tweede grootste in die gewes Basse-Normandie (Neder-Normandië) is. Cherbourg is een van die onderprefekture van Manche en sedert die jaar 1803 ook 'n maritieme prefektuur.

Saint-Lô, die prefektuur (hoofstad) van Manche, het minder as 30 000 inwoners, en daar is net een ander munisipaliteit met meer as 10 000 inwoners – Granville met 'n bevolking van 13 000.

Administratiewe verdeling duimnael|250px|Cotentin: Die vuurtoring van La Hague Arrondissement Bevolking(1999) Oppervlakte(vk km) Bevolkingsdigtheid Kantons Munisipaliteite Avranches 117 431 1 762 67 16 160 Cherbourg-Octeville 190 973 1 639 116 15 189 Coutances 76 861 1 301 59 10 130 Saint-Lô 96 206 1 235 78 11 123

Bronne Conseil général de La Manche

Eksterne skakels

Webwerf van die Prefektuur Webwerf van die Conseil général

Kategorie:Departemente in Normandië