Armação dos Búzios 280px Kaart Wapen 160px|center 100px|center Vlag 70px|center Land 20px Brasilië  Deelstaat 20px Rio de Janeiro  Koördinate  Stigting 12 November 1995 Oppervlak:    - Totaal 69,278 vk km  Hoogte bo seevlak 5 m Bevolking:    - Totaal (skatting, 2016) 31 674  - Bevolkingsdigtheid 457,2/vk km Tydsone UTC -3  - Somertyd UTC -2 Prefek Dr. André (PMDB) Amptelike Webwerf buzios.rj.gov.br duimnael|links|'n Plesierboot lê in Búzios voor anker Armação dos Búzios (Brasiliaanse Portugees: [ɐɦməˈsɜ̃w̃ duj̆ʑ ˈbuˑzjʊ̆j̆ɕ], Europese Portugees: [aʁmɐˈsɐ̃w duz ˈbuzjus]), dikwels kort Búzios genoem, is 'n strandoord en munisipaliteit in die Brasiliaanse deelstaat Rio de Janeiro wat in die 1960's, nadat die Franse aktrise Brigitte Bardot en haar Brasiliaanse vriend net soos die oseanograaf Jacques Cousteau hier op soek na 'n rustige vakansieplek in 1964 kom ontspan het, met luukse toerisme en stralerjakkers verbind is en aan die voormalige vissersdorpie die bynaam A Saint-Tropez Brasileira besorg het.

Armação dos Búzios, wat op 'n skiereiland noord van Rio de Janeiro aan die Brasiliaanse Costa do Sol ("Sonkus") geleë is met 'n twintigtal sandstrande binne die stadsgebied, het oorspronklik deel uitgemaak van Cabo Frio en vorm eers sedert 12 November 1995 'n selfstandige munisipaliteit. Die betrokke prefekture het die ontwikkeling van Búzios vanaf die 1970's met omsigtigheid beplan. In teenstelling met baie ander gewilde strandoorde in die land is die bou van woonstelblokke hier verbied sodat die oorspronklike Portugees-Mediterreense dorpskarakter net soos die historiese klipstrate bewaar gebly het. Die meeste geboue bly beperk tot twee verdiepings. Nogtans het Búzios 'n gewilde vakansiebestemming vir duisende inheemse en Argentynse toeriste asook die plesierbote van internasionale rederye geword. Die streek se tipiese klein gastehuise of pousadas beskik meestal net oor 'n tiental kamers. In 2010 het 'n hotel met meer as 300 kamers sy deure geopen.Polyglott APA Guide Brasilien. München: Travel House Media 2015, bl. 169-170

Verwysings

Eksterne skakels Toerisme Lonely Planet - Búzios Media YouTube.com: Off2 Brazil - Travel to Búzios

Kategorie:Rio de Janeiro Kategorie:Nedersettings in Brasilië