Louis Pierre Althusser (Birmendreis, Algerië, 16 Oktober 1918 – Parys, 23 Oktober 1990) was 'n Franse filosoof en een van die invloedrykste Marxiste van die twintigste eeu en word gewoonlik onder die strukturiste gekategoriseer. Sy werke Lire le Capital en Pour Marx (albei gepubliseer in 1965) bevat 'n invloedryke herinterpretasie van die werke van Karl Marx., "Louis Althusser",The Stanford Encyclopedia of Philosophy, 2009, besoek op 10/02/2012. Hy het Marx se oeuvre op 'n anti-humanistiese manier geïnterpreteer, waarin die rol van die onderwerp geminimaliseer word en die klem val op die rol van strukture. Dit het gelei tot die humanisme debat met Althusser en sy volgelinge aan die een kant en die Franse Kommunistiese Party (PCF) met skrywers soos Roger Garaudy, maar ook Jean-Paul Sartre aan die ander kant.Sien byvoorbeeld die voorwoord in & (1978): Garaudy et Althusser – le débat sur l'humanisme dans le parti communiste français et son enjeu, Presses Universitaires de France, Parys.

Die werk van Althusser het onder andere betrekking op die werking van ideologie en die verhouding daarvan met die wetenskap. Vir die analise daarvan berus hy op beide Marxisme (Karl Marx, Antonio Gramsci, Wladimir Lenin), die wetenskapsfilosofie (Gaston Bachelard, Michel Foucault), die psigoanalise van Jacques Lacan sowel as die politieke filosofie van Baruch Spinoza. Onder sy leerlinge was Étienne Balibar, Jacques Rancière, Pierre Macherey, Dominique Lecourt, Jacques Derrida en Michel Foucault.

Lewensloop Althusser is in Algerië gebore as die seun van Franse ouers, sogenaamde pied-noirs. Hy is vernoem na sy pa se oom wat in die Eerste Wêreldoorlog gesterf het. Na sy vader se dood het hy na Marseille getrek saam met sy ma en suster, waar hy die res van sy jeug deurgebring het. In 1937 word hy lid van die Katolieke jeugbeweging Jeunesse Etudiante Chrétienne. Hy is toegelaat tot die École Normale Supérieure, maar kon nie daar enige studie voltooi nie omdat hy in die Tweede Wêreldoorlog opgeroep word. Ná die val van Frankryk is Althusser in 'n Duitse gevangenekamp geïnterneer waar hy die res van die oorlog deurgebring het. Dit is hier waar hy aangetrek word tot die kommunisme.

Na die oorlog het Althusser met sy studies begin, maar hy sy gesondheid was swak – beide wat sy fisiese en sielkundige toestand betref. Hy het in 1947 elektriese skokbehandeling ondergaan, maar sy geestestoestand was sy lewe lank 'n bron van kommer. Hy gradueer in 1946 (agrégation) met 'n proefskrif oor die filosofie van Hegel met Gaston Bachelard as promotor. Filosofie was vir Althusser 'n belangstelling waarin hy ook sy toekomstige beroep gesien het. Politiek, aan die ander kant, was 'n passie in verband waarmee hy 'n kommunistiese militante wou word. Gedurende hierdie tydperk het hy hoofsaaklik gefokus op die politieke filosofie van die 18de en 19de eeu met outeurs soos Marx, Montesquieu, Rousseau en Feuerbach.

In dieselfde jaar ontmoet Althusser die Litaus-Joodse Kommunis Helène Rytman, wat tot sy dood sy lewensmaat sou bly. Waar hy eers 'n linksgesinde Katoliek was, het hy in 1948 'n lid geword van die Franse Kommunistiese Party (PCF), terwyl ander filosowe soos Maurice Merleau-Ponty hul geloof in hierdie party begin verloor het.

In die tydperk wat hierop gevolg het, was daar 'n opskudding in linkse geledere in Frankryk. Die 1950s was gekenmerk deur die destabilisering van die Kommunistiese Party (deur Nikita Khrushchev) en 'n swaai na 'n meer humanistiese vorm van Marxisme. Dit het dit vir baie Marxiste moontlik gemaak, waaronder Roger Garaudy en die eksistensialis Jean-Paul Sartre om op die vroeë Marx te konsentreer en om dialoog tussen Marxiste en gematigde sosialiste, eksistensialiste en Christene toe te laat. (1975): Existential Marxism in Postwar France, Princeton, bl. 340. Althusser het dit egter nie ondersteun nie; Hy het meer simpatie gehad, alhoewel met voorbehoude, vir die Chinese kommunisme. Hy het begin om 'n reeks artikels uit die 1960's te publiseer in belangrike Frans-Marxistiese tydskrifte wat baie kontroversie veroorsaak het. Hierdie artikels is in 1965 gebundel en gepubliseer as Pour Marx. Daarbenewens het hy gedeeltelik weens die baie kritiek wat op hierdie artikels ontvang is, 'n seminaar aangebied met 'n aantal van sy studente aanwesig, waarin hy 'n anti-humanistiese weergawe van Marx se werk daargestel het. Dit het gelei tot Lire le Capital, wat ook in 1965 gepubliseer is. Benewens Althusser self, het Étienne Balibar, Pierre Macherey, Jacques Rancière en Roger Establet ook dele van hierdie werk geskryf.

Op 16 November 1980 het Althusser sy vrou Helène, in omstandighede wat steeds duister en onduidelik is, gewurg. Althusser het gesê dat hy geen herinnering aan die voorval gehad het nie en dat hy in 'n vlaag van tydelike waansinnigheid opgetree het. Daar was geen getuies nie. Althusser is nie aanspreeklik gevind nie en gevolglik is hy nie regtens vervolg nie. In pleks daarvan is hy in 'n psigiatriese hospitaal opgeneem, waaruit hy in 1983 ontslaan is. Hy het hierna by sy huis in Parys afgetree. Hy het in die laaste jare van sy lewe nie aan enige ander werk as sy outobiografie, L'Avenir dure longtemps, gewerk nie. Althusser sterf op 22 Oktober 1990 op 72-jarige leeftyd aan die gevolge van 'n hartaanval. Baie van sy nuutste werke is eers postuum gepubliseer. 'n Nuwe intellektuele fase van Althusser kan ook gevind word in hierdie laaste geskrifte, waarin hy homself van sy vroeëre oortuigings dat Marxisme 'n wetenskap is distansieer.

Filosofie Marxisme duimnael|Althusser bou sterk voort op die werk van Karl Marx Althusser was 'n uitgesproke Marxis en daarom sterk toegewy aan die idees van Karl Marx en ander Marxiste soos Antonio Gramsci en Vladimir Lenin. Volgens Althusser was die grootste prestasie van Marx die vestiging van die wetenskap van die geskiedenis, as die geskiedenis van die klasstryd. Die feit dat dit nie so deur almal beskou word nie, het hy verklaar deur die Marxistiese idee dat daar "'n heersende ideologie is, waarvan die funksie is om die meganismes van klasuitbuiting te verberg."Althusser, L., "Foreword" in Lenin and Philosophy and other essays, bl. 7–10.

Althusser het op meer konkrete wyse aangevoer dat Marx, en veral sy werk Das Kapital, beskou kan word as een van die drie groot wetenskaplike ontdekkings in die geskiedenis. Die ontdekking vind immers in hierdie werk plaas van "die konsepstelsel (en dus die ontdekking van wetenskaplike teorie) wat die weg baan vir wetenskaplike kennis aangaande die inhoud van die geskiedenis.""Preface to Capital Volume One" in Althusser, L., Lenin and Philosophy and other essays, bl. 72. Voorheen is die "inhoud van wiskunde" deur die Grieke en die "inhoud van die natuurkunde" deur Galileo Galilei ontdek. Filosofie volg dieselfde evolusie van die wetenskappe. Althusser het byvoorbeeld daarop gewys dat die filosofie van die Antieke Grieke, insluitend Plato, ontstaan het in reaksie op die ontstaan van wiskunde, en René Descartes se filosofie in reaksie op die opkoms van die eksakte wetenskappe. Sedert Marx word die filosofie ook volgens Althusser revolusionêr."Philosophy as a Revolutionary Weapon" in Althusser, L., Lenin and Philosophy and other Essays, bl. 15–17. Die feit dat mense vandag nog nie Marxisme herken nie, en voortgaan met hul antropologiese of sosiaal-sielkundige benaderings, kom vir Althusser as soortgelyk aan die verskynsel van die Aristotiliese natuurkunde wat lank na Galileo nog aanhang geniet het, voor.

'n Belangrike stelling van Althusser is dat daar binne die werk van Marx 'n epistemologiese breek (coupure epistemologique) plaasgevind het, naamlik tussen die jong humanis en die latere wetenskaplike Marx. Hierdie breek het volgens hom êrens rondom 1845 plaasgevind. Hierdie breuk impliseer ook dat Marx en al die vorige idealistiese filosofieë en ideologieë, soos humanisme en die Duitse idealisme, se paaie geskei het. In die sin is die latere Marxistiese leerstellinge nie 'n voortsetting of teregwysing van Hegel nie, maar 'n radikale afwerping daarvan. Marx het daarvolgens die ou ideologiese probleme wat op kwessies soos vervreemding van die menslike natuur gefokus het, vir 'n nuwe wetenskaplike probleem wat op ekonomiese kwessies gefokus het, verruil. Althusser ontleed die idee van die epistemologiese breek van Gaston Bachelard, wat die konsep epistemologiese breek (rupture epistemologique) in sy werk gebruik het, om die volwassenheid van die natuurwetenskappe te karakteriseer. Werklike wetenskap is volgens Bachelard bereik deur te breek met alledaagse standpunte en kennis oor die navorsingsvoorwerpe.

Ideologie en klassenstryd Vir Marx hou 'n ideologie 'n "droombeeld" voor, 'n valse konstruksie (bricolage). Althusser het in sy werk 'n algemene konsep van "ideologie" gebruik, wat hy onderskei van konkrete ideologieë. Ideologieë word gekenmerk deur 'n konkrete eksterne geskiedenis, terwyl Althusser verklaar dat "ideologie geen geskiedenis het nie.""Ideology and Ideological State Apparatuses" in Althusser, L., Lenin and Philosophy and other essays, bl. 159. Althusser wou twee tesisse oor ideologie verdedig:

"Ideologie verteenwoordig die denkbeeldige verhouding tussen individue en hul werklike bestaansvoorwaardes.""Ideology and Ideological State Apparatuses" in Althusser, L., Lenin and Philosophy and other essays, bl. 162.

Althusser het dus afgewyk van die klassieke sienings oor ideologie. Hy het geargumenteer dat die klassieke meganistiese siening (die elite het dit gedoen om mag te behou) tot en met die hermeneutiese interpretasie van Ludwig Feuerbach en die vroeë Marx (mense verteenwoordig hul denkbeeldige lewensomstandighede, hulle word vervreem van hul werk), nie op bevredigende wyse antwoorde op die vraag betreffende waarom mense sulke denkbeeldige situasies nodig het, kon bied nie."

Ideologie het 'n materiële bestaan.

Althusser beskou hierdie voorstel as noodsaaklik vir enige ontleding van die konsep van ideologie. Hy het gesê dat 'n ideologie bestaan uit 'n struktuur en sy praktyke. Dit is wesenlik in die sin dat as iemand byvoorbeeld in God glo, dit beteken dat hy ook kerk toe gaan. Hy verwys in dié verband na Blaise Pascal wat die raad gegee het: "Kniel en bid, en jy sal glo."

Verder het Althusser geskryf:

"Ek sal dus verklaar dat in die geval van 'n onderwerp […] dat die bestaan van sy idees wesenlik is in die sin dat sy idees materiële aksies is, in materiële kontekste geplaas kan word, wat deur materiële rituele beheer word wat hulleself bepaal word deur die materiële ideologiese strukture waarvan die idees van die onderwerp kom.""Ideology and Ideological State Apparatuses" in Althusser, L., Lenin and Philosophy and other essays, bl. 169.

Die groot bron van inspirasie hiervoor is Baruch Spinoza, wat 'n sterk materialistiese wêreldbeskouing gebruik het. Invloed en beheer van idees vind nie net in terme van denke plaas nie, los van alles anders, maar altyd gekoppel aan die liggaam, die passies en die wêreld in terme van denke.

In sy essay Idéologie et appareils ideologiques d'état (1970) (ideologie en ideologiese staatsapparate), het hy verder ingegaan op Marx se tesis van geskiedenis as 'n klassestryd. Daar het Althusser gesê dat, binne 'n ekonomiese stelsel, die uiteindelike voorwaarde van produksie die reproduksie van die voorwaardes vir daardie produksie is. Dit beteken dat om te kan voortgaan om te produseer, verseker moet word dat die voorwaardes vir daardie produksie gereproduseer word. Volgens Althusser bestaan die repoduksie uit twee dele.:"Ideology and Ideological State Apparatuses" in Althusser, L., Lenin and Philosophy and other essays, bl. 128.

Die produktiewe magte: dit behels bloot die arbeidsmag. As 'n ekonomie of gemeenskap voortgaan om te werk, moet dit ook verseker dat daar altyd werknemers sal wees