Wat is 'n korttermynversekeringspolis? 'n Korttermynversekeringspolis is 'n kontrakGeneral Priciples of Insurance, Reinecke en van der Merwe, 1989 bl.2 (ooreenkoms) tussen 'n versekerde (aansoeker) en versekeraar, waar die versekerde belowe om sekere dade te doen of nie te doen nie en waar die versekeraar belowe om dan sekere handelinge uit te voer.

Versekerbare belang Ek begin met versekerbare belang.Sien General Principles of Insurance, Reinecke en van der Merwe, para.33 U sal nerens in die polis 'n verwysing vind na versekerbare belang nie, maar dit is 'n baie belangrike beginsel.

Die beginsel het 'n lang aanloop gehad, maar ek gee 'n verkorte weergawe. Dit het in Engeland gebeur dat iemand, 'n ander persoon se goedere wat per skip vervoer word, verseker en indien dit iets oorkom dan het hulle daarvoor geëis en sodoende 'n wins gemaak. Op 'n stadium is die Gaming Act aangeneem wat dit 'n oortreding gemaak het om iemand anders se goed te verseker.

Hierdie beginsel is in ons gemene reg opgeneem en daar moet nou 'n verband wees tussen jou en die eiendom wat jy verseker. Dit is moeilik om alle senarios weer te gee, maar hier is 'n paar voorbeelde:

Dit is logies dat jy jou eie eiendom kan verseker of jy dit nou gekoop of gekry het. 'n man en vrou wat bymekaar bly het 'n versekerbare belang in die ander se eiendom. 'n Pa en ma het wedersydse belang in hulle kinders se eiendom, mits hulle finansieël van hul ouers afhanklik is. Indien jy iets op huurkoop of bruikhuur gekoop het, het jy versekerbare belang indien die kontrak die risiko op u laat oorgaan. Indien jy iets by jou buurman leen met die veronderstelling dat u dit onbeskadig moet terugbesorg, dan het jy versekerbare belang. As ouma by julle kom kuier het jy nie versekerbare belang in haar eiendom nie. As sy egter finansieël van julle afhanklik is, dan het julle versekerbare belang in haar eiendom.

Geen polis dek alles nie Onthou daar bestaan nie 'n polis wat alles dek nie. Dit is derhalwe nodig dat u nie net sal kyk wat die polis dek nie, maar ook wat uitgesluit is.

Die polis Die polis bestaan uit die aansoekvorm, die skedule en die polisdokument. Hierdie drie dokumente moet saam gelees word, om te sien of daar dekking is of nie.

Aansoekvorm Gewoonlik vereis die versekeraar dat die versekerde 'n aansoekvorm voltooi. In die afwesigheid van 'n aansoekvorm, sal die versekeraar gewoonlik die versekerde skakel en die gesprek op band opneem, die band vorm dan deel van die polis.

Die aansoekvorm bevat persoonlike besonderhede van die versekerde, sowel as die dekkings wat die verskerde benodig.

Aan die einde van die aansoekvorm waarborg die versekerde dan die waarheid van die feite soos vervat in die aansoek.

Skedule Die skedule is 'n dokument wat die besonderhede van die versekerde bevat soos sy naam, adres, telefoonnommers, e-posadres ens. Verder bevat dit ook 'n lys van die dekking van toepassing, met die versekerde bedrae, wat gedek is en die bybetalings wat van toepassing is.

Polisdokument Die polisdokument bevat die polisbewoording, m.a.w. wat gedek is, wat uitgesluit is, voorwaardes ens.

Aangesien ons hier te doen het met 'n saamgestelde polis, maw 'n dokument wat al die dekkings bevat, bestaan dit uit 'n algemene afdeling, wat op die hele dekking van toepassings is en dan die verskillende afdelings soos huisinhoud, geboue, alle risiko ens.

Vrywarings- en nievrywaringspolisse 'n Vrywaringspolis is 'n polis waar die versekerde net dit kan eis wat hy/sy verloor het. Meeste korttermynversekeringspolisse is vrywaringspolisse. As jy byvoorbeeld jou horlosie verloor kan jy net eis vir sodanige horlosie of die waarde daarvan. Indien so 'n horlosie verseker sou wees by meer as een versekeraar sal elke versekeraar net 'n deel uitbetaal sodat die versekerde op die ou ent net die waarde van die horlosie terugkry.

'n Voorbeeld van 'n nie-vrywaringspolis in korttermynversekering is Persoonlike Ongevalle. Jy kan nie 'n prys plaas op 'n lewe of ledemate nie. Dit is dus moontlik om Persoonlike Ongevalleversekering by verskeie versekeraars te plaas en dan vir die volle waarde by elke versekeraar eis. Indien die polis egter vir mediese koste voorsiening maak, is dit vrywaringsversekering en die versekerde kan dan net eis vir die werklike koste van die mediese koste wat aangegaan of aangegaan moet word.

Persoonlike en besigheidspolisse 'n Persoonlikepolis is 'n polis wat 'n individuele persoon of familie dek in hul private hoedanigheid. Dit sluit dan dinge soos huisinhoud, alle risiko ens. in. Ons sal in ander artikels daarna kyk. Die dekking maak gewoonlik voorsiening vir dekking vir klein besighede wat van die huis af bedryf word.

Besigheidspolisse is weer polisse wat besighede van alle groottes dek. Dit sluit dinge in soos branddekking op inhoud en geboue, geld, ens.

Die polisdokument Ons kom nou by die dokument self. Soos reeds genoem het ons gewoonlik te doen met 'n samegestelde polis, d.w.s. dit dek die Algemene Bepalings, wat op die hele polis van toepassing is en dan kry 'n mens die bepaalde dekkings. Hierdie artikel dek net die Algemene Bepalings en in latere artikels sal ons dan die verskillende dekkings bespreek.

Die polis begin gewoonlik met 'n Algemene Stelling. Hier kry mens die stelling dat daar 'n kontrak bestaan tussen die versekeraar en die versekerde, wat in die Skedule of Bylae genoem word. Dit stel verder, soos reeds genoem dat die aansoek ofverklaringt wat die versekerde ge maak het, die basis van die versekering vorm.

Dit stel dan ook, soos reeds gemeld, dat indien die premie betaal is, sal die versekeraar die versekerde vergoed, in terme van die polis, vir gebeurtenisse wat deur die polis gedek word.

Dit stel dan verder dat die versekeraar die reg het om die versekerde te vergoed na hulle goeddunke. Hulle kan die versekerde dan skadeloos stel deur betaling, herstelling, vervanging of 'n kombinasie daarvan. Dit maak dit verder duidelik dat indien hulle besluit om te vervang of te herstel, hoef hulle dit nie presies of volledig te vervang of te herstel nie, maar slegs soos omstandighede dit redelikerwys toelaat. Hulle sal dan ook nie meer betaal as die bedrag waarvoor dit gedek is nie.

Eisevoorbereidingskoste Aangesien dit kostes kan meebring om eise voor te berei, gee sommige versekeraars aan die versekerde 'n genoemde bedrag om daarvoor voorsiening te maak.

Termyn van kontrak Die rede hoekom dit 'n korrttermynpolis genoem word, is omdat dit net 'n sekere tydperk dek. Indien dit 'n maandelikse polis is, dek die periode vanaf die aanvangsdatum tot die laaste dag van die kalendermaand waarin die aanvangsdatum voorkom. Daarna is die termyn 'n periode van een kalendermaand.

Indien dit egter 'n jaarlikse polis is, selfs al word die premies maandeliks betaal, dan is die periode vanaf die aanvangsdatum dat die laaste dag van die kalendermaand die volgende jaar. Bv. indien die polis begin op 1 Aug. 2025 dan is die einde van die periode, 31 Julie 2026. Die partye kan natuurlik anders ooreenkom, maar die periode sal nooit langer as 2 jaar wees nie.

Plig tot versigtigheid Die versekeraar verwag van jou om na jou eiendom om te sien of jy verseker is of nie. Jy moet alle redelike stappe neem om die versekerde eiendom te beveilig en in stand te hou. Verder moet jy, as daar skade is, dit so laag as moontlik hou.

Beperkings en wysigings Die versekeraar kan beperkings en wysigings aan die poliskontrak maak, maar moet 30 dae skriftelik kennis aan jou gee by jou jongsbekende adres.Sien Multipleks bl. 1.

Kansellasie Die polis of enige deel van die polis kan gekanselleer word. As u die kansellasie versoek kan dit onmiddellik gedoen word. Indien die versekeraar dit egter doen, moet hulle 30 dae skriftelik kennis daarvan gee by jou jongsbekende adres.

Regte slegs aan U Dele van die polis verleen dekking aan andere, soos bv. derde partye, besoekers en werkers. Jy moet egter namens hulle eis. Verder mag jy nie die polis sedeer nie.

Eise

by die plaasvind van 'n gebeurtenis wat kan lei tot 'n eis, moet jy so spoedig moontlik die versekeraar daarvan in kennis stel, asook van enige ander polis wat dieselfde gebeurtenis dek;Sien later Ander Versekering. binne 30 dae na die gebeurtenis moet jy die versekeraar voorsien van volle besonderhede, tesame met duidelike en volledige besonderhede en dokumente wat die versekeraar redelikerwys mag verlang; indien jy bewus word van enige moontlike vervolging of regstappe of eise teen jou, moet die versekeraar onmiddellik in kennis gestel word; enige gebeurtenis waarby diefstal of ander misdaad betrokke is, moet onmiddellik by die polisie aangemeld word en hulle verwysingsnommer moet aan die versekeraar verskaf word; indien meer as een persoon gedek is, sal die versekeraar volgens hulle oordeel betaling van 'n eis aan enige van die versekerdes betaal word. Hierdie is uiters belangrik, jy mag geen verklaring, erkentenis, aanbod, belofte of betaling of skadeloosstelling verleen sonder die versekeraar se skriftelike toestemming nie. Dit kan die versekeraar se subrogasieregte benadeel. Sien die volgende paragraaf Versekeraar se Regte na 'n Eis.

Die Versekeraar se regte na 'n eis

jy moet die versekeraar toelaat om die gebou of perseel waar die verlies of skade plaasgevind het, binne te gaan en die beskadigde eiendom in besit te neem; jy is nie geregtig om die eiendom aan die versekeraar te gee nie; jy moet hulle alle hulp en inligting gee wat hulle benodig; jy gee hulle die reg om die verdediging en skikking van die eis in u naam waar te neem;Subrogasie. hulle kan enige tyd u die skade vergoed en die verdediging of skikking van die eis aan u oorlaat.

Bedrieglike en opsetlike optrede Indien jy die volgende doen kan die versekeraar weier om die eisbedrag aan u te vergoed:

die eis in enige opsig bedrieglik is; die eis ontstaan weens 'n opsetlike daad van jou of wat jy toelaat; enige inligting soos aan die versekeraar verskaf, nie waar is nie.Sien Multiplex bl. 2.

Verjaring

indien die versekeraar jou eis afkeer, het jy 90 dae om skriftelike vertoë te rig; jy het 'n verdere 90 dae daarna om regsaksie in te stel indien jou vertoë onsuksesvol is; die versekeraar is nie aanspreeklik om jou eis na 12 maande uit te betaal nie, behalwe as die eis die onderwerp van 'n regsaksie of arbitrasie is of waar jy regsaanspreeklik gehou word deur 'n ander party.

Ander versekering Indien 'n eis wat ook onder 'n ander polis betaalbaar is, sal die versekeraar slegs 'n eweredige deel van die eis betaal. U sal dan 'n eis vir die balans moet instel teen die ander versekeraar.

Subgrogasie Dit is 'n groot woord, maar dit beteken net dat indien die versekeraar u eis betaal of sal betaal, hulle die regte verkry wat u gehad het om teen die persone op te tree wat vir die skade verantwoordelik is. Hulle kan in jou naam optree en jy moet alles doen wat hulle jou redelikerwys vra om te doen.

Nietigverklaring Die versekeraar kan die polis nietig verklaar indien enige besonderhede wat die risiko beïnvloed, deur jou verswyg word, verkeerd of gebrekkig beskryf of voorgestel word. Dit beteken dat jy nie net vrae wat gevra word, korrek moet weergee nie, maar dat jy ook enigiets waarvan jy weet wat die risiko mag raak aan die versekeraar moet bekend maak. Hierdie klousule veroorsaak baie probleme en moet streng nagekom word.

Aanpassing vir inflasie Aangesien dit uiters belangrik is dat die versekerde bedrae moet tred hou met inflasie, sal die versekeraar 'n jaarlikse aanpassing maak wat inhoud en geboue betref. Dit bly egter jou verantwoordelikheid om te verseker dat die versekerde bedrae voldoende is.

Herstelling van versekerde bedrae