Die Khmer-ryk (Khmer: ចក្រភពខ្មែរ Chakrphup Khmer of អាណាចក្រខ្មែរ Anachak Khmer), amptelik die Angkor-ryk (Khmer: អាណាចក្រអង្គរ Anachak Angkor) was die voorloperstaat van die moderne Kambodja. Dit was ’n magtige Hindoe-Boeddhistiese ryk in Suidoos-Asië wat uit die ouer koninkryke Funan en Chenla ontwikkel het, en het met tye oor die grootste deel van die Suidoos-Asiatiese vasteland regeer.Khmer-ryk by infopleace

Sy grootste nalatenskap is Angkor, in die hedendaagse Kambodja, wat die hoofstad tydens die ryk se hoogtepunt was. Die majestueuse monumente van Angkor, soos Angkor Wat en Bayon – is getuienis van die Khmer-ryk se enorme mag en rykdom, indrukwekkende kuns en kultuur, argitektoniese tegnieke en astetiese prestasies, sowel as die verskeidenheid gelowe wat deur die eeue hier beoefen is. Satellietbeelde het onthul dat Angkor tydens sy hoogtepunt in die 11de en 13de eeu die grootste pre-industriële stadsgebied in die wêreld was.

Die jaar 802 n.C. word gewoonlik beskou as die begin van die era van die Khmer-ryk. In dié jaar het koning Jayavarman II hom op Phnom Kulen verklaar tot chakravartin ("koning van die wêreld" of "koning der konings"). Die ryk het tot ’n einde gekom met die val van Angkor in die 15de eeu.

Geskiedenis Stigting en groei Jayavarman II, die stigter van Angkor duimnael|links|Boogskutters op die rug van olifante. duimnael|links|Bakong, een van die vroegste tempelberge in Khmer-argitektuur. Volgens Sdok Kok Thom-inskripsiesHigham, C. (2014). Early Mainland Southeast Asia. Bangkok: River Books Co., Ltd., . was Indrapura omstreeks 781 die eerste hoofstad van Jayavarman II.Higham 1989, bl. 324ff. Hy was van die voormalige koninkryk Chenla en het gou sy invloed uitgebrei, ’n paar mededingende konings se gebiede verower en in 790 koning geword van ’n koninkryk met die Khmer naam "Kambuja". Hy het daarna sy hof noordwes na Mahendraparvata geskuif.

Jayavarman II (802–835)Higham, C. (2001). The Civilization of Angkor. Londen: Weidenfeld & Nicolson, word algemeen beskou as die koning wat die Angkortydperk in Kambodja se geskiedenis ingelui het met ’n grootse kroning in 802 op die heilige Berg Mahendraparvata, nou bekend as Phnom Kulen, om die onafhanklikheid van Kambuja van Javaanse oorheersing te vier. Op dié seremonie is prins Jayavarman II uitgeroep as ’n universele monarg (Khmer: Kamraten jagad ta Raja), of godkoning (Sanskrit: Deva Raja). Hy het homself tot chakravartin verklaar in ’n ritueel wat van die Indiese Hindoe-tradisie oorgeneem is. Daardeur het hy nie net die goddelik aangewese en dus onbetwiste heerser geword nie, maar het hy ook die onafhanklikheid van sy koninkryk van Java aangekondig.

Volgens sommige bronne het Jayavarman II vir ’n tyd in Java gebly tydens die bewind van die Sailendras, of "Meesters van die Berge", en dus word geglo die begrip "Deva Raja" of godkoning kom van Java af.

Die vroegste inligting oor Jayavarman II kom van ’n stele in die Sdok Kok Thom-tempel, wat van 1053 dateer. Dit vertel van twee en ’n half eeue se diens deur lede van die tempel se stigtersfamilie aan die Khmer-hof, hoofsaaklik as hoofpredikers van die Shaivistiese Hindoegodsdiens.David Chandler, A History of Cambodia (Westview Press: Boulder, Colorado, 2008) bl. 39.

In die volgende jare het hy sy gebied uitgebrei en eindelik, later tydens sy bewind, het hy van Mahendraparvata af weggetrek en sy nuwe hoofstad, Hariharalaya, naby die hendedaagse Kambodjaanse dorp Rolous gevestig. Daardeur hy het die fondament gelê van Angkor, wat sowat 15 km noordwes daarvan ontstaan het. Jayavarman II is in 835 oorlede en is deur sy seun Jayavarman III opgevolg.David Chandler, A History of Cambodia, bl. 42. Dié is in 877 dood en is deur Indravarman I opgevolg.

Jayavarman II se opvolgers het voortdurend Kambuja se grondgebied vergroot. Indravarman I (877–889) het die gebied sonder oorloë uitgebrei en het groot bouprojekte begin danksy rykdom wat met handel en landbou opgebou is. Die belangrikste was die tempel Preah Ko en besproeiingswerk. Hy het ook Bakong omstreeks 881 laat bou. Bakong toon veral groot ooreenkomste met die Borobudur-tempel in Java, wat daarop dui laasgenoemde het waarskynlik gedien as die prototipe vir Bakong. Daar moes ’n uitruiling van reisigers, of selfs sendings, tussen die Khmer-ryk en Java plaasgevind het, en so het nie net idees nie, maar ook tegniese en argitektoniese kennis Kambodja bereik.

Yasodharapura, die eerste stad van Angkor duimnael|Die tempel en mausoleum wat opgedra is aan koning Yasovarman I. duimnael|Die Thommanon-tempel. Indravarman I is opgevolg deur sy seun Yasovarman I (bewind: 889–915), wat ’n nuwe hoofstad, Yasodharapura, gestig het – dit was die eerste stad van Angkor. Die stad se sentrale tempel is op ’n heuwel van sowat 60 m gebou. Onder Yasovarman I is ’n enorme waterreservoir van 7,1 by 1,7 km ook gebou.

Aan die begin van die 10de eeu het die koninkryk verdeel. Jayavarman IV het ’n nuwe hoofstad by Koh Ker, sowat 100 km noordoos van Angkor, gestig met die naam Lingapura. Die koninklike paleis is eers tydens die bewind van Rajendravarman II (944–968) na Yasodharapura teruggeskuif. Hy het die uitgebreide bouprojekte van vroeëre konings hervat en ’n reeks tempels en kloosters in die Angkor-streek laat bou. In 950 het die eerste oorlog uitgebreek tussen Kambuja en die koninkryk Champa in die ooste (in die hedendaagse Viëtnam).

Rajendravarman II se seun Jayavarman V het van 968 tot 1001 regeer. Nadat hy hom as nuwe koning gevestig het bo die ander prinse, was sy bewind ’n grootliks vreedsame tydperk, wat gekenmerk is deur vooruitgang en ’n kulturele bloeityd. Hy het ’n nuwe hoofstad gestig effens wes van sy pa s’n en dit Jayendranagari genoem; sy staatstempel, Ta Keo, was in die suide. Aan Jayavarman V se hof was filosowe, geleerdes en kunstenaars. Nuwe tempels is gebou, waarvan die belangrikste Banteay Srei was wat beskou word as een van die mooiste en mees artistieke tempels van Angkor, en Ta Keo, die eerste tempel van die streek wat heeltemal van sandsteen gebou is.

’n Dekade van konflik het gevolg op die dood van Jayavarman V. Drie konings het gelyk regeer totdat Suryavarman I (1006–1050) die troon bestyg het. Hy het diplomatieke bande met die Choladinastie van Suid-Indië aangeknoop.A History of Early Southeast Asia: Maritime Trade and Societal Development by Kenneth R. Hall bl. 182Indian History by Reddy: bl. 64 Sy bewind is gekenmerk deur herhaalde pogings om hom omver te werp en deur militêre oorwinnings. Suryavarman het beheer van die Khmer-hoofstad, Angkor Wat, oorgeneem.Kenneth R. Hall (Oktober 1975). Khmer Commercial Development and Foreign Contacts under Sūryavarman I. Journal of the Economic and Social History of the Orient 18(3):318–336. Terselfdertyd het Angkor Wat in konflik gekom met die Tambralinga-koninkryk op die Maleise Skiereiland.R.C. Majumdar (1961), "The Overseas Expeditions of King Rājendra Cola", Artibus Asiae 24 (3/4), bl. 338–342, Artibus Asiae Publishers Daar was dus ’n drierigtingkonflik op die vasteland van Suidoos-Asië.

Nadat hy verskeie invalle deur sy vyande oorleef het, het Suryavarman die hulp van die magtige Cholakeiser Rajendra Chola I gevra teen die Tambralinga-koninkryk.Early kingdoms of the Indonesian archipelago and the Malay Peninsula deur Paul Michel Munoz bl. 158Society and culture: the Asian heritage, deur Juan R. Francisco, Ph.D. University of the Philippines Asian Center bl. 106 Toe die Tambralinga-koninkryk van dié bondgenootskap uitvind, het hulle die hulp gevra van die Srivijaya-koning, Sangrama Vijayatungavarman. Dit het eindelik daartoe gelei dat die Cholaryk in konflik met die Srivijiya-ryk gekom het. Die oorlog het geëindig met ’n oorwinning vir die Choladinastie en die Khmer-ryk. Dié bondgenootskap het ook ’n godsdienstige ondertoon gehad, want beide Chola en die Khmer-ryk was Shaivistiese Hindoes, terwyl Tambralinga en Srivijaya Mahayana-Boeddhiste was.

Ná Suryavarman I se dood in 1050 is hy opgevolg deur Udayadityavarman II, wat die Baphuon en Wes-Baray laat bou het. In 1074 het konflik ontstaan tussen Harshavarman III en die Champa-koning Harivarman IV.

Goue tydperk Suryavarman II – Angkor Wat duimnael|links|Boeddhistiese monnike by Angkor Wat. Die 12de eeu was ’n tydperk van konflik en wrede magstryde. Onder Suryavarman II (1113–1150) het die koninkryk intern verenig geraak en die grootste tempel van Angkor is gebou: Angkor Wat, wat opgedra is aan die Hindoegod Vishnu. In die ooste was sy veldtogte teen Champa en Dai Viet onsuksesvol, maar hulle het die Champa-stad Vijaya in 1145 geplunder en Jaya Indravarman III van die troon gesit.Maspero, G., 2002, The Champa Kingdom, Bangkok: White Lotus Co., Ltd.,

Die Khmers het Vijaya tot in 1149 beset, toe Jaya Harivarman I hulle uitgedryf het. Suryavarman II het in 1114 ’n sending na Chola gestuur en ’n edelsteen aan die Cholakeiser Kulothunga Chola I geskenk.A History of India, Hermann Kulke, Dietmar Rothermund: bl. 125.Commerce and Culture in the Bay of Bengal, 1500–1800 by Om Prakash, Denys Lombard bl. 29–30

Nog ’n tydperk het gevolg waarin konings vir kort tydperke regeer het en gewelddadig deur hul opvolgers omvergewerp is. Eindelik, in 1177, is die hoofstad geplunder deur ’n Champa-vloot onder Jaya Indravarman IV, en Tribhuvanadityavarman is gedood.

Jayavarman VII – Angkor Thom duimnael|upright|’n Borsbeeld van Jayavarman VII. duimnael|upright|’n Bronsreplika van een van die 23 standbeelde wat koning Jayavarman VII in 1191 na verskillende dele van sy ryk gestuur het. Koning Jayavarman VII (1181–1219) word algemeen as Kambodja se grootste koning beskou. As ’n prins was hy reeds ’n militêre leier onder vorige konings. Nadat Champa Angkor verower het, het hy ’n leër op die been gebring en die hoofstad terugverower. Hy het die troon bestyg en die oorlog teen die naburige oostelike koninkryk nog 22 jaar lank volgehou, totdat die Khmer Champa in 1203 oorwin en groot dele van hul grondgebied afgeneem het.

Jayavarman VII was die laaste van die groot konings van Angkor – nie net danksy sy suksesvolle oorlog teen Champa nie, maar ook omdat hy nie ’n tiran soos sy onmiddellike voorgangers was nie. Hy het die ryk verenig en merkwaardige bouprojekte aangepak. Die nuwe hoofstad, wat nou Angkor Thom (letterlik "Groot Stad") heet, is gebou. In die middel het die koning, wat ’n aanhanger van Mahayana-Boeddhisme was, die Bayon as die staatstempel laat bou, met torings wat klipgesigbeelde van die bodhisattva Avalokitesvara bevat het wat elk verskeie meters hoog was. Ander belangrike tempels wat hy laat bou het, is Ta Prohm vir sy ma, Preah Khan vir sy pa, Banteay Kdei en Neak Pean, sowel as die reservoir van Srah Srang. ’n Uitgebreide netwerk paaie is gebou wat elke dorp in die ryk verbind het, met blyplekke vir reisigers. Hy het ook 102 hospitale dwarsoor sy ryk laat oprig.

Jayavarman VIII – die laaste opbloei duimnael|Baphuon, ’n tempel wat aan die Hindoegod Shiva opgedra is. Ná die dood van Jayavarman VII het sy seun Indravarman II (1219–1243) die troon bestyg. Hy was, nes sy pa, ’n Boeddhis en het ’n reeks tempels voltooi wat tydens sy pa se bewind begin is. As ’n stryder was hy minder suksesvol. Onder toenemende druk deur ’n al hoe magtiger Dai Viet en hul bondgenoot, Champa, het die Khmer in 1220 begin onttrek aan baie van die provinsies wat hulle voorheen van Champa verower het. In die weste het sy Thai-onderdane gerebelleer en die eerste Thai-koninkryk by Sukhothai gestig. In die volgende 200 jaar sou die Thais Kambuja se belangrikste teenstanders word.