Die jaar 1744 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 44ste jaar van die 18de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.

Gebeure 28 Januarie – Die Nederlandse owerheid dwing die Morawiese sendeling Georg Schmidt van Genadendal om die Kaap te verlaat deur hom te verbied om die doop te bedien. 2 Februarie – Pous Benedictus XIV publiseer Inter omnigenas oor die vervolging in Serwië deur die Turke. 19 Augustus – Pous Benedictus XIV publiseer Cum semper oblatas waarin priesters aangesê word om gereeld die mis op te dra. 12 September – Pous Benedictus XIV publiseer Omnium sollicitudinum teen die sendingpraktyke in China. 20 November – Pous Benedictus XIV publiseer In suprema Catholica waarin 'n volle aflaat vir gebede en kerkbesoek afgekondig word. Die emiraat Dinyah (in die hart van die huidige Saoedi-Arabië) word gestig. Geboortes 16 Augustus – Pierre Méchain, ’n Franse sterrekundige en landmeter († 1804).

Sterftes 25 April – Anders Celsius, Sweedse sterrekundige (* 1701). 17 Oktober – Giuseppe "del Gesù" Guarneri, Italiaanse maker van strykinstrumente uit die Guarneri-familie van Cremona (* 1698).

Kategorie:18de eeu Kategorie:1744