Die jaar 1750 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 50ste jaar van die 18de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

Gebeure Die Jaar word in die Rooms-Katolieke Kerk gevier as 'n Heilige Jaar. 25 Februarie – Pous Benedictus XIV verklaar Ramon Lull salig. 23 Julie – Pous Benedictus XIV verklaar Henry van Treviso salig.

Geboortes 18 Januarie – Johann Gottlob Schneider, 'n Duitse klassikus en bioloog († 1822). 16 Maart – Caroline Herschel, Duits / Engelse sterrekundige en sangeres († 1848). 20 November – Tipu Sultan, Moslem Indiese militêre leier. Heerser van die Mysore-koninkryk in Suid-Indie(† 1799). 12 Desember – Lady Anne Barnard, 'n Skotse digteres en brieweskryfster († 1825).

Sterftes 28 Julie – Johann Sebastian Bach, Duitse komponis (* 1685) 12 Oktober – Rachel Ruysch, 'n Nederlandse stillewe- skilder (* 1664)

Kategorie:18de eeu Kategorie:1750