Die jaar 1752 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 52ste jaar van die 18de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.

Gebeure 9 Junie – Die Kroonprinses van Denemarke, 'n Deense skip lei skipbreuk aan die kus van Mosselbaai. 2 September – Engeland voer die Gregoriaanse kalender in. Die volgende dag is gevolglik nie 3 September nie, maar 14 September (11 dae word oorgeslaan).

Geboortes John Cozens – Waterverfskilder

Sterftes 17 Maart – Jacques-Pierre de Taffanel de La Jonquière, Franse vlootoffisier en goewerneur van die kolonie Nieu-Frankryk in Noord-Amerika (* 1685) 4 Junie – Daniel Marot, Franse Protestant, argitek, meubelier en graveur (* 1661). Onbekend – Johann Benda, Tsjeggiese violis en komponis van Boheme wat aktief was in Duitsland (* 1713).

Kategorie:18de eeu Kategorie:1752