Die jaar 1745 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 45ste jaar van die 18de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure 18 Februarie – Pous Benedictus XIV publiseer Cum multorum chariate waarin gebede gevra word vir koning Lodewyk van Frankryk. 4 Junie – Die Pruise verslaan Oostenrykse troepe by Hohenfriedeberg. 10 Junie – Pous Benedictus XIV publiseer Libentissime quidem oor die vas voor Paasfees. 7 Julie – Pous Benedictus XIV verklaar Pacificus van Ceredano salig. 3 September – Pous Benedictus XIV publiseer Gravissimum supremi oor korrupsie en sending. 1 November – Pous Benedictus XIV publiseer Vix Pervenit oor woekerwins en ander oneerlike wins. In Skotland kom veral in die hooglande die Jakobiete in opstand. Die protestante MacDonalds van Skye en Noord Uist bly neutraal. Prins Karel Stuart land sonder soldate in Moidart.Traditional Gaelic Bagpiping, 1745-1945, , McGill-Queen's Press - MQUP, 2000, , Geboortes 10 Januarie – Isaac Titsingh, Nederlandse snydokter en handelsreisiger († 1812). 18 Februarie – Alessandro Volta, 'n Italiaanse fisikus, chemikus, en 'n pionier in die veld van elektrisiteit († 1827). 16 Mei – Adriaan van Jaarsveld, Boerekommandant van die Eerste Grensoorlog († 1801).
Sterftes 19 Oktober – Jonathan Swift, Anglo-Ierse satirikus, essayis, politiese pamfletmaker (* 1667) Julie – Engelbertus le Boucq, die 14de predikant wat bevestig is vir diens in die Nederduitse Gereformeerde Kerk (* 1675). Onbekend – Mageba kaGumede, 'n vroeë leier van die Zoeloes in Suid-Afrika (* 1667)
Verwysings
Kategorie:18de eeu Kategorie:1745