duimnael|Die ESA se logo. duimnael|Die ESA se hoofkantoor in Parys, Frankryk
Die Europese Ruimtevaartorganisasie (Engels: European Space Agency, afkorting ESA; Frans: Agence spatiale européenne, ASE; Duits: Europäische Weltraumorganisation) is ’n interregeringorganisasie wat op 30 Mei 1975 gestig is vir die verkenning van die ruimte. Dit het tans 22 lidlande. Die hoofkantoor is in Parys, Frankryk. Die ESA het ’n personeel van meer as 2 000 (wat subkontrakteurs en nasionale ruimteagentskappe uitsluit) en ’n begroting van sowat €4,28 miljard (in 2013).
Die ESA se ruimtehawe is die Guyana-ruimtesentrum in Kourou, Frans-Guyana, ’n ligging wat gekies is omdat dit so na aan die ewenaar is en kommersieel belangrike wentelbane van daar af toegankliker is. In die Ariane 4-tydperk het die ESA die posisie van markleier in kommersiële ruimtelanserings ingeneem en in die afgelope paar jaar het dit homself gevestig as ’n belangrike rolspeler in ruimteverkenning.
ESA-wetenskapsendings is gebaseer in Noordwijk, Nederland, aardwaarnemingsendings in Frascati, Italië, ESA-sendingbeheer is in Darmstadt, Duitsland, en die Europese Ruimtevaardersentrum, wat ruimtevaarders vir toekomstige sendings oplei, in Keulen, Duitsland. Die amptelike tale is Engels, Frans, Duits, Italiaans, Nederlands en Spaans.
Lidlande duimnael| duimnael| LidlandESA-konvensieNasionale programBydraes(Milj. €)Bydraes(%) 3 Oktober 1978 BELSPO % 15 September 1977 DTU Space % 26 Julie 1977 Deutsches Zentrum für Luft- und Raumfahrt % 4 Februarie 2015 Enterprise Estonia % 1 Januarie 1995 Tekes % 30 Oktober 1980 CNES % 9 Maart 2005 ISARS/NOA % 24 Februarie 2015 Magyar Űrkutatási Iroda 10 Desember 1980 Enterprise Ireland % 20 Februarie 1978 Agenzia Spaziale Italiana % 30 Junie 2005 Luxinnovation % 6 Februarie 1979 Netherlands Space Office % 30 Desember 1986 Norsk Romsenter % 30 Desember 1986 Agentur für Luft- und Raumfahrt % 19 November 2012 Centrum Badań Kosmicznych % 14 November 2000 Fundação para a Ciência e Tecnologia % 22 Desember 2011 Agenţia Spaţialǎ Românǎ % 7 Februarie 1979 Instituto Nacional de Técnica Aeroespacial % 6 April 1976 Rymdstyrelsen % 19 November 1976 Swiss Space Office % 12 November 2008 Ministerstvo dopravy České republiky % 28 Maart 1978 UK Space Agency % Ander — — % Geassosieerde lande 1 Januarie 1979 Canadian Space Agency % Totale Lede en Medewerkers % 28 Mei 2004 Space policy of the European Union % EUMETSAT — — % Ander inkomste — — % Totaal ESA %
Sien ook Nasa, die Amerikaanse ruimte-agentskap.
Verwysings
Bronne ESA-geskiedenisadvieskomitee: A history of the European Space Agency 1958–1987 (=ESA spesiale publikasie 1235). Europese Ruimtevaartorganisasie 2001, , ISSN 1609-042X (Vol. 1, Vol. 2) Andrew Wilson: ESA Suksesse, 3de uitgawe. ESA-publikasieafdeling, Noordwijk 2005, ISSN 0250-1589
Eksterne skakels Amptelike webwerf
Kategorie:Internasionale organisasies Kategorie:Sterrekundige organisasies Kategorie:Ruimtevaart Kategorie:Politiek van Europa Kategorie:Parys