5145 Pholus (uitspraak: , met die voorlopige naam , is ’n eksentrieke sentour in die buitenste Sonnestelsel. Sy deursnee is sowat 180 km. Pholus kruis die wentelbaan van beide Saturnus en Neptunus. Dit is op 9 Januarie 1992 deur die Amerikaanse sterrekundige David Rabinowitz (onerken) ontdek en na ’n sentour in die Griekse mitologie genoem.
Beskrywing duimnael|200px|links|Die wentelbaan van 5145 Pholus.
Pholus is naas 2060 Chiron die eerste sentour wat ontdek is. 2060 Chiron-sentoure is voorwerpe tussen die asteroïdes en trans-Neptunus-voorwerpe – dus anderkant Jupiter, maar binne die wentelbaan van Neptunus. Hulle het die eienskappe van beide asteroïdes en komete.
5145 Pholus se wentelbaan is sowat 8,7-32 AE, en een omwenteling duur 91,99 jaar (33 601 dae). Die wentelbaan het ’n eksentrisiteit van 0,57 en ’n helling van 25°.
Die sentour het sedert 764 v.C. nog nie binne 1 AE van enige planeet gekom nie, en dit sal ook nie voor 5290 n.C. nie. Dit het vermoedelik in die Kuipergordel ontstaan.
Pholus is taamlik rooi, dalk vanweë organiese samestellings op sy oppervlak. Die oppervlak is taamlik homogeen, met klein hoeveelhede waterys op die donkerder dele. Ramings van sy deursnee wissel van 99 tot 190 km, met ’n ooreenstemmende albedo van tussen 0,155 en 0,04.
Verwysings
Eksterne skakels
"Discovery Circumstances: Numbered Minor Planets (5001)-(10000)" – Kleinplaneetsentrum 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Sentoure Kategorie:Komete