Die Kleintandkeiser (Lethrinus microdon) is 'n keiservis wat voorkom in die westelike Stille Oseaan, die Indiese Oseaan, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die suide van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die smalltooth emperor.

Identifikasie Die vis word tot 80 cm groot en is een van die groter keiservisse. Dit het 'n lang, gepunte snoet. Die lyf is olyf tot gryskleurig. Swart strepe straal uit die onderste kwart van onder die oë af uit. Dit neem ook soms 'n gevlekte vorm aan, wat dit amper onsigbaar maak.

Habitat Die visse leef in aflandige rots- en koraalriwwe in water wat tien tot 30 m diep is. Hulle is gewoonlik alleenlopers maar kom soms in klein groepies voor. Hulle vreet vis, skaaldiere en koppotiges.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014

Verwysings

Eksterne skakel https://www.fishbase.de/summary/Lethrinus-microdon.html

Kategorie:Beenvisse