38628 Huya (uitspraak: ), met die voorlopige naam , is ’n trans-Neptunus-voorwerp in die Kuipergordel in die buitewyke van die Sonnestelsel.
Beskrywing Huya is in Maart 2000 deur Ignacio Ferrín ontdek en is genoem na ’n Suid-Amerikaanse reëngod. Dit is ’n plutino, wat in ’n 2:3-resonansie met Neptunus is. Sy deursnee is sowat 406 km en dit is moontlik ’n dwergplaneet, hoewel dit nog nie deur die Internasionale Astronomiese Unie as een geklassifiseer is nie. Ontledings wys Huya het die vorm van ’n afgeplatte bol, met klein albedokolle.
’n Natuurlike satelliet is om Huya ontdek op beelde van die Hubble-ruimteteleskoop van 6 Mei 2012 en op 30 Junie – 1 Julie 2012 bevestig. Dit het ’n geraamde deursnee van km en is sowat 1 800 km van Huya af. Sy voorlopige naam is S/2012 38628 Huya 1.
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Kuipergordel Kategorie:Moontlike dwergplanete Kategorie:Plutino's Kategorie:Trans-Neptunus-voorwerpe Kategorie:Dubbele Trans-Neptunus-voorwerpe