20000 Varuna, met die voorlopige naam , is ’n groot voorwerp in die klassieke Kuipergordel. Dit is moontlik ’n dwergplaneet en het ’n langwerpige vorm vanweë sy vinnige rotasie. Dit is in 2000 deur Spacewatch ontdek en is na die Hindoegod Varuna genoem.

Beskrywing + Ramings van grootteJaarDeursnee (km)NotasVerw.2001900Jewitt20021 060Lellouch2005936Grundy2005>621Spitzer2007502Spitzer2010Chord 2013Herschel

Die grootte van groot KGV's kan bepaal word deur die gelyktydige waarneming van termiese emissie en weerkaatste sonlig. Ongelukkig word termiese metings, wat swak is vir verafgeleë voorwerpe, verder bemoeilik deur absorpsie van die Aarde se atmosfeer. Ramings van Varuna se deursnee wissel van 500 tot 1 060 km. Termiese metings deur die Herschel-ruimtesterrewag in 2013 gee ’n deursnee van .

Varuna word geklassifiseer as ’n klassieke trans-Neptunus-voorwerp en volg ’n feitlik ronde wentelbaan met ’n halwe lengteas van ≈43 AE, soortgelyk aan dié van maar met ’n groter helling. Sy wentelperiode is, nes Quaoar s’n, 283 jaar en sy rotasieperiode is sowat 6,34 uur. Omdat die rotasiespoed so hoog is, ongewoon vir so ’n groot voorwerp, word geglo Varuna het ’n langwerpige vorm (verhoudings van asse van 2:3), met ’n gemiddelde digtheid van sowat 1 g/cm3 (rofweg dieselfde as dié van water).

Sedert Varuna se ontdekking is , ’n ander, nog groter voorwerp met ’n vinnige rotasiespoed (3,9 uur), ontdek; dit is vermoedelik ook langwerpig. Varuna se oppervlak is redelik rooi, nes dié van Quaoar, en klein hoeveelhede waterys is waargeneem.

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Kuipergordel Kategorie:Moontlike dwergplanete Kategorie:Trans-Neptunus-voorwerpe‎