Die Tweestreep-piesangvis (Pterocaesio marri) is 'n piesangvis wat voorkom in die westelike Stille Oseaan en die Indiese Oseaan. In Engels staan die vis bekend as die twinstripe fusilier.

Identifikasie Die vis word tot 32 cm lank. Dit is silwerblou met twee nou, geel strepe op die boonste gedeelte van die lyf; die strepe strek vanaf die kop to by die stert se basis. Die onderste streep is feitlik op die sylyn. Die stertvin se punte is swart.

Die vis leef in groot skole saam oor en tussen koraalriwwe in water wat vyf tot 35 m diep is. Hulle vreet Soöplankton. Die vis is redelik volop.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014

Eksterne skakel http://www.fishbase.org/summary/Pterocaesio-marri.html

Kategorie:Beenvisse