Die bruinslangarend (Circaetus cinereus) is 'n arend en roofvoël. Die voël kom in die noorde van Suid-Afrika, Zimbabwe en die ooste van Botswana voor. In Engels staan dit bekend as die Brown Snake-eagle.
Identifikasie Die voël word 70 tot 75 cm lank, weeg 1.6 tot 2.4 kg en het 'n vlerkspan van 1.6m. Dit is 'n groot arend, is effe donkerbruin met geel oë en daar is skerp, afgetekende dwarsstrepe oor die stert en die bene is liggrys en ongeveer. Die arend kan met die swartborsslangarend verwar word en sootrgelyk meer soos die berghaan. Die geslagte lyk eenders. Die jong voël lyk amper soos die volwassenes maar het ligte rande aan die rug- en vlekdekvere wat hom effens geskub laat lyk.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Kategorie:Roofvoëls