Die boomslang (Dispholidus typus) is 'n groot, gladde, giftige slang van Afrika suid van die Sahara. Dit is die enigste spesie in sy genus. Die naam in ander tale is baie na verwant aan die Afrikaanse naam.
Beskrywing Boomslange is anders as baie ander slange in die sin dat hulle meestal seksueel dimorfies is; wyfies behou die bruingrys kleur van onvolwasse boomslange, maar mannetjies word 'n helder groen. Let wel dat daar wel rare uitsonderings opgeteken is waar mannetjies bruinkleurig was. Volwasse boomslange word omtrent 1,5 m lank. Hulle het 'n kort, stomp neus en groot oë.
Gif Die boomslang se gif is uiters giftig en kan tot dood lei. Dit is 'n hemotoksien. Dit beteken dat die gif die hemoglobien in die rooibloedselle aanval en vernietig, en só die bloed in die slagoffer vernietig.
Sien ook Alfabetiese lys van slange
Eksterne skakels Adventure Addicts guide, tree snake
Kategorie:Slange