200px
Martin Luther
Duitse teoloog en hervormer
Handtekening 180px
Teologiese stroming Lutheranisme
Beduidende werke
160px 95 stellings
Von der Freiheit eines Christenmenschen (1520)
De servo arbitrio ("Die geknegte wil", 1525)
Deudsch Catechismus ("Die Groot Kategisme", 1529)
Eggenote
180px
Katharina von Bora
Simbool 180px Lutherroos Martin Luther (10 November 1483 in Eisleben – 18 Februarie 1546 in Eisleben, graafskap Mansfeld) was ’n Duitse monnik en Rooms-Katolieke priester wat in die 16de eeu die grondlegger was van die Protestantse Hervorming in die Christendom. Hy was sterk gekant teen die idee dat kwytskelding van God se straf vir sonde met geld gekoop kan word. Hy het geleer dat redding nie met goeie dade verdien kan word nie, maar slegs deur God se genade plaasvind vanweë ’n geloof in Jesus Christus, asook dat die Bybel die enigste bron van goddelike kennis is.Ewald M. Plass, What Luther Says, 3 vols., (St. Louis: CPH, 1959), 88, nr. 269; M. Reu, Luther and the Scriptures, Columbus, Ohio: Wartburg Press, 1944), 23.
In 1501 het Luther begin studeer aan die Universiteit van Erfurt, waar hy in Januarie 1505 'n meestersgraad behaal en begin met regstudies. Hierdie regstudies sou egter gou onderbreek word, want op die 2de Julie is hy op reis deur onweer oorval. Toe 'n weerligstraal naby hom slaan, het hy na 'n Rooms-Katolieke beskermheilige, Anna, uitgeroep en belowe om 'n monnik te word. Op die 16de Julie het hy 'n afskeidgeselligheid met sy medestudente gehad, waarna hy die Swartklooster van die Augustynse orde in Erfurt betree het. Hierdie stap van die 22-jarige het sy vader geensins welgeval nie. Op 3 April 1507 is hy as Augustynse priester georden, wat meegebring het dat hy teologie aan die Universiteit van Wittenberg sou studeer. Toe hy in 1512 sy doktorsgraad (Doktor in die Heilige Skrif) aldaar behaal, is hy ook as professor in bybelkunde aangestel.
Op 31 Oktober 1517 het hy sy 95 stellings teen die kerkdeur van Wittenberg vasgespyker. Hierin verklaar hy dat die Rooms-Katolieke leer oor saligheid verkeerd is deur Bybelse tekste aan te haal en dit te verduidelik.
Sy teologie het die gesag van die Rooms-Katolieke pous ondermyn. Sy weiering in 1520 om alles wat hy geskryf het op bevel van pous Leo X en keiser Karel V van die Heilige Romeinse Ryk terug te trek het daartoe gelei dat die pous hom die jaar daarop geëkskommunikeer en die keiser hom voëlvry verklaar het.
Sy vertaling van die Bybel, die Lutherse Bybel in die spreektaal in stede van Latyn, het dit toegankliker gemaak wat ’n enorme invloed op die laat Middeleeuse en vroeë moderne samelewing sou hê. Rooms-Katolieke oorheersing is hokgeslaan en die Duitse kultuur het merkbaar baatgevind.
Dit het gelei tot die ontwikkeling van ’n standaardweergawe van Duits, verskeie beginsels van die kuns van vertalingFahlbusch, Erwin en Bromiley, Geoffrey William. The Encyclopedia of Christianity. Grand Rapids, MI: Leiden, Nederland: Wm. B. Eerdmans; Brill, 1999–2003, 1:244. en ’n Engelse weergawe van die Bybel, die King James Bible.Tyndale's New Testament, New Haven, Yale University Press, 1989, ix–x. Sy gesange het die ontwikkeling van sang in kerke beïnvloedBainton, Roland. Here I Stand: a Life of Martin Luther. New York: Penguin, 1995, 269. en sy huwelik met Katharina von Bora het meegebring dat Protestantse kerklikes toegelaat is om te trou.Bainton, Roland. Here I Stand: a Life of Martin Luther. New York: Penguin, 1995, p. 223.
Lewe tot 1518 Martin Luther is op 10 November 1483 in Eisleben, Sakse (Duitsland), gebore. Sy ouers, Hans en Margaretha Luther, het van Eisleben na Möhra verhuis en daarna na Mansfeld, waar Luther se vader in die kopermyne gewerk het. Luther het sy skoolopleiding in Mansfeld, Maagdeburg en Eisenach in Latyn ontvang, In 1501 het hy aan die Universiteit van Erfurt begin studeer, waar hy in 1502 'n BA-graad en in 1505 'n MA-graad behaal het.
Hy het onder die studente die byname "die filosoof" en "die musikant" gekry omdat hy ʼn diep denker en 'n bedrewe luitspeler was. In 1505 het Luther in die regte begin studeer maar het sy studie in die rigting dieselfde jaar nog gestaak. Op 2 Julie is hy naby Stotternheim in 'n hewige storm vasgevang en uit vrees vir sy lewe het hy hom op die Heilige Anna beroep en 'n eed geneem om monnik te word indien hy die storm sou oorleef.
Twee weke later, op 17 Julie 1505, het hy sy studies in die regte laat vaar en tot die Augustynse klooster in Erfurt toegetree, waar hy hom ernstig op teologiese studies toegelê het. Op 3 April 1507 is hy as priester georden en hy het sy eerste Mis in Mel gelei. In 1508 is Luther na Wittenberg ontbied, waar hy as professor in die filosofie by die nuwe universiteit (1502 gestig) aangestel is.
'n Jaar later het hy na Erfurt teruggekeer om by sy eie Augustynse orde onderrig te gee, In 1510 is hy en ʼn kollega na Rome om probleme wat binne die Orde ontstaan het, met die pous te bespreek. Tydens die reis is hy egter geskok deur die wêreldse uitkyk van die Kerk se hoogwaardigheidsbekleërs. Op 19 Oktober 1512 het Luther sy doktorsgraad in die teologie behaal, en daarna het hy sy ou leermeester, Johann von Staupitz, as professor in Bybelse teologie in Wittenberg opgevolg.
Tydens voorbereiding vir lesings oor Paulus se brief aan die Romeine, het hy diep onder die indruk van Romeine 1:16-17 gekom, waarin Paulus sê dat alle mense deur geloof gered kan word. Tot dusver was God vir Luther ʼn veeleisende en veroordelende regter, en daarom het hy gedurig introspeksie gedoen en gebuk gegaan onder skuldgevoelens oor sy sondigheid.
Nou het hy egter deur Paulus tot die slotsom gekom dat God 'n genadige Vader was wat aan alle gelowige mense verlossing beloof het. Hierdie skrifgedeelte het die sleutel tot sy latere teologiese siening geword en was dus van groot betekenis in die Hervorming. Luther het veral as gevolg van sy uitsprake oor die aflaatbriewe bekendheid verwerf. Volgens die Rooms-Katolieke Kerk van daardie tyd kon mense hul boetedoening in die vaevuur na die dood verkort deur 'n goeie lewe te lei.
As iemand dus 'n goeie daad verrig het, het die kerk telkens 'n aflaatbrief, wat ʼn kwytskelding van straf was, aan hom verkoop. Die aflaatstelsel het hom tot velerlei wanpraktyke geleen. So is daar byvoorbeeld in die tyd van pous Leo X (die vroeë 16e eeu) oënskynlik geld vir die bou van die St. Pieterskerk in Rome ingesamel.
In die geheim is daar egter ʼn ooreenkoms met die aartsbiskop van Mainz aangegaan dat die helfte van die opbrengs aan hom gegee sou word om sy kerkskuld af te betaal. Aflaatbriewe is ten duurste verkoop en Luther was ontevrede oor die manier waarop Johan Tetzel (1465- 1518), 'n Dominikaan in Sakse, die mense uitgebuit het. Met die oog op 'n dispuut hieroor met sy kollegas, het Luther toe sy beroemde 95 stellings teen aflaatbriewe opgestel.
Dit was tentatiewe uitsprake waarin hy onder meer ook die pous gekritiseer het. Op 31 Oktober 1517 is hierdie stellings teen die deure van die Slotkerk van Wittenberg vasgespyker. Sommige geleerdes meen Luther het dit self gedoen, terwyl ander glo dat ʼn onbekende persoon die stellings in die hande gekry en teen die deur vasgespyker het. Die stellings het algemeen bekend geword en word as regstreekse oorsake van die Hervorming beskou.
Ontwikkelings vanaf 1518 Sommige mense het geglo dat die dispuut oor die 95 stellings slegs nog 'n twis tussen die Dominikane en die Augustyne was. Onderwyl daar ten gunste van en teen Luther se stellings betoog is, het hy sy 95 stellings in 'n lywige Latynse manuskrip verduidelik. Intussen (op 25 April 1518) het die Augustynse Orde 'n vergadering in Heidelberg gehou waar Luther tot verantwoording geroep is en die pous het die stellings in Rome terselfdertyd as kettery verwerp.
Kardinaal Cajetanus (1469- 1534) het Luther in Oktober daardie jaar vir ʼn persoonlike onderhoud na Augsburg ontbied. Na 'n argument het Cajetanus Luther beveel om hom te verlaat en nié terug te keer nie tensy hy sy woorde onvoorwaardelik terugtrek. Luther het egter geweier om sy stellings te herroep omdat hy geglo het dat sy oortuigings Bybels gefundeer was.
Gerugte het nou die ronde gedoen dat Luther in kettings na Rome gebring sou word, en hy het met behulp van sy vriende na Wittenberg teruggevlug, waar hy deur keurvors Frederik van Sakse teen pous Leo X beskerm is. In 1519 het die Leipzig-dispuut tussen Luther en die teoloog Johannes Eck plaasgevind. Eck het die Rooms-Katolieke leer verdedig en het Luther met sy briljante betoog in die skadu gestel.
Op 15 Junie 1519 het die pouslike bul Exsurge Domine verskyn, waarin die pous Luther met ekskommunikasie gedreig het as hy nie sy stellings herroep nie. Luther het met drie geskrifte hierop gereageer. Die eerste, An den christlichen Adel deutscher Nation ("Adres aan die Christelike adel van die Duitse volk"), was vir die nie-geestelike leiers bedoel. Die tweede geskrif, De captivitate Babylonica ecclesiae praeludium ("Oor die Babiloniese gevangenskap van die kerk"), wat hy vir geleerdes geskryf het, het ʼn geestelike revolusie veroorsaak omdat die sewe sakramente tot slegs drie, naamlik die Doop, Nagmaal en Boetedoening, verminder is. Von der Freiheit eines Christenmenschen ("Oor die vryheid van ʼn Christen") het verlossing deur geloof verduidelik.
Op 3 Januarie 1521 is Luther amptelik deur die pous se Decet Romanum pontificem uit die Kerk geban. Keurvors Frederik het die keiser laat beloof dat hy Luther nie sonder verhoor sou veroordeel nie, en Luther is gevra om voor die Ryksdag van Worms te verskyn. (ʼn Ryksdag was in daardie tyd 'n soort parlementêre vergadering.) Die pouslike gesant, Girolamo Aleander (1480-1542) was woedend hieroor, en het geëis dat die keiser die pous se bevel onmiddellik gehoorsaam.
Luther se vriende het hom ten sterkste afgeraai om na Worms te gaan. Hy het egter onder geleiding van 'n kavalkade van Duitse ridders vertrek, en in Worms is hy tot ergernis van sy vyande deur groot skares begroet. In April 1521 het Luther voor die vyandiggesinde keiser Karel V verskyn, sy geskrifte as Bybels geregverdig verdedig, en geweier om enigiets daarvan te herroep. Dit was by dié geleentheid dat Luther sy betoog met die nou bekende woorde sou afgesluit het: "Hier staan ek - ek kan nie anders nie! God help my! Amen." duimnael|regs|270px|Die Wartburgkasteel in Vrystaat Thüringen waar Luther 'n produktiewe 10 maande van Mei 1521 tot Maart 1522 deurgebring het. Onder meer is die Nuwe Testament in die verloop van ses weke in Duits vertaal. Dit is in September 1522 gepubliseer. Kort daarna is hy ingevolge die Edik van Worms voëlvry verklaar. Sy vriende het hom in die Wartburg, 'n kasteel digby Eisenach, versteek, waar hy tot Maart 1522 onder die skuilnaam Junker Jörg ("Ridder Georg") geleef het. Hier het hy heelwat geskryf, onder meer ʼn uitleg van die Magnificat (die loflied van Maria, Jesus se moeder, in die liturgie). Hy het ook preke oor die sendbriewe en Evangelies geskryf, asook 'n omstrede stuk waarin hy argumente van Jacobus Latomus, lid van die teologiese fakulteit aan die Universiteit van Louvain, weerlê het.