'n Bleshoender (Fulica cristata) is 'n voël wat die familie Rallidae behoort. Bleshoenders kom oor groot dele van Afrika en in die suide van Spanje op mere en damme voor. Hulle bou 'n nes van dooie riet wat op die water dryf of naby die kant geanker is. Hulle lê ongeveer 8 eiers (soms meer onder goeie omstandighede), maar tree aggressief teenoor die kuikens op, sodat slegs 'n paar tot volwassenheid oorleef.

duimnael|links|'n Bleshoender duimnael|links|Volwasse bleshoender met kuiken duimnael|links|Eiers

Ander name Engelse naam: Red-knobbed Coot of Crested Coot Nederlandse naam: knobbelmeerkoet, of blesmeerkoet Wetenskaplike naam: Fulica cristata

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Eksterne skakels

Kategorie:Ralle