Die rooikeelfisant (Francolinus afer) is 'n jagvoël in die fisantfamilie Phasianidae wat 'n inheemse spesie van Suidelike Afrika is.
Identifikasie Die rooikeelfisant is 25–38 cm lank, met beduidende grootteverskille tussen die subspesies. Dit is 'n algemeen donker fisant, bruin bokant en swartgestreepte grys of wit borskant. Die snawel, kaal gesigvel, nek en bene is helderrooi.
Verspreiding en habitat Die rooikeelfisant broei oor die sentrale gordel van Afrika en af langs die ooskus van Suid-Afrika.
Ekologie en gewoontes Die rooikeelfisant is 'n versigtige spesie wat in diep bedekking bly, hoewel dit soms in oop struikgewas of verbouing vreet as versteuring beperk is en daar ruigtes naby is. Die nes is 'n kaal skraapsel, en drie tot nege eiers word gelê.
Ander name Wetenskaplike naam: Francolinus afer Engels: Red-necked Francolin
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bronnelys Newman se Voëls van Suider-Afrika;
Verwysings
Kategorie:Kwartels, patryse en fisante