Die dassievoël (Thamnolaea cinnamomeiventris) is 'n voël in die familie van vlieëvangers (Muscicapidae) in die orde van die sangvoëls (Passeriformes). Die spesie is vroeër as 'n lid van die lysterfamilie beskou. In Engels staan die voël as die Mocking cliff-chat bekend.
Die voël is 'n algemene, maar gelokaliseerde, standvoël wat op kranse en rotsbesaaide heuwelhange en klowe leef.
Identifikasie Die voël is 22 cm lank en weeg 46 tot 53 gram. Die mannetjie is blinkswart met 'n helder, kastaiingbruin pens, fondament en kruis, en wit skouervlekke. Die wyfie het 'n donkergrys rugkant en die borskant is kastaiingbruin. Die jong voël lyk na die wyfie maar is net valer. Hulle woon in familiegroepe of pare saam en soek ook kos op die grond.
duimnael|links|'n Mannetjie in die Krugerwildtuin
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bronnelys Newman se Voëls van Suider-Afrika, Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Kategorie:Vlieëvangers Kategorie:Voëls van die Krugerwildtuin