Koës is 'n dorpie in die ǁKarasstreek in die suidooste van Namibië. Dit is sowat 130 km noordoos van Keetmanshoop op die rand van die Kalahariwoestyn geleë en behoort tot die Keetmanshoop Landelike-kiesafdeling. Die gemiddelde jaarlikse reënval in die omgewing is ongeveer 150 – 200 mm.
Politiek Koës word deur 'n dorpsraad bestuur wat tans vyf setels het.
Die 2015 plaaslike owerheidverkiesing is deur SWAPO gewen, wat drie setels vir sy 336 stemme ontvang het. Een setel elk het aan die Demokratiese Turnhalle Alliansie (DTA, met 105 stemme) en die Rally for Democracy and Progress (RDP, met 57 stemme) gegaan.
Verwysings
Eksterne skakels Reisverhale netwerk24.com/Weg! − Koës | Pret en petroldampe
Kategorie:Nedersettings in Namibië