Die waaierpylstert (Taeniurops meyeni) is 'n pylstert uit die familie Dasyatidae. Dit kom wydverspreid voor in die westelike Stille Oseaan en die Indiese Oseaan; meer spesifiek die Rooisee en aan die ooskus van Afrika, suidwaarts tot by KwaZulu-Natal.

Identifikasie Die pylstert se skyf word tot 160 cm groot in deursnee en is rond. Dit is een van die groter pylsterte. Die pylstert se kleur varieer baie, van grys tot grysgroen met 'n verskeidenheid swart vlekke op die bokant. Die onderkant van die skyf is wit.

Die pylstert word gevind op sanderige areas in, of naby, koraal- en rotsriwwe in water wat tot 400 m diep is. Hulle vreet klein vissies, skaaldiere en weekdiere.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bronnelys The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014

Eksterne skakels http://www.fishbase.se/summary/Taeniurops-meyeni.html

Kategorie:Drilvisse Kategorie:Rôe