Swaeligsuur is 'n anorganiese suur met die chemiese formule wat vorm wanneer swaweldioksied met water reageer:

Die dissosiasiereaksies word soos volg voorgestel:

H_2SO_3 <=> H^+ + HSO_3^- Ka1 = 1.4; pKa2 = 1.85

HSO_3^- <=> H^+ + SO_3^2- Ka2 = 6.3; pKa = 7.2

As ons probeer om die oplossing deur verdamping te konsentreer om waterlose swaeligsuur te produseer, sal dit ontbind (die vormingsreaksie sal omgekeer word).

Wanneer dit afgekoel word sal die klatraat SO_2 \cdot 5,75 H_2O kristalliseer, wat weer by 7 °C sal ontbind. Dus kan swaeligsuur (H2SO3) nie geïsoleer word nie.

Raman-spektra van oplossings van swaeldioksied in water toon slegs seine as gevolg van die SO-molekule en die bisulfiet-ioon, . Hoewel daar geen bewyse is dat swaeligsuur in oplossing bestaan nie, is die molekule in die gasfase opgespoor.

Swaeligsuur is 'n intermediêre spesie in die vorming van suurreën uit swaeldioksied.

Kyk ook Lys van sure en basisse pH

Aantekeninge

Verwysings

Kategorie:Chemie Kategorie:Waterstof Kategorie:Swawel