Polyceroidea is 'n superfamilie van seeslakke wat hoort tot die orde Nudibranchia. Kenmerkend van die superfamilie is die feit dat dié seediere die kieue slegs gedeeltelik kan terugtrek. Die kieue is aan die agterkant om die anus. Wanneer die seediere bedreig word trek hulle die kieue so ver as moontlik terug.
Families Die volgende families hoort tot die superfamilie: Familie Polyceridae Familie Aegiridae - In Bouchet & Rocroi (2005) is hierdie takson verkeerdelik as Aegiretidae gespel. Familie Gymnodorididae Familie Hexabranchidae Familie Okadaiidae
Verwysings
Bron The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014
Kategorie:Slakke