Magnesium-25 (chemiese notasie: Mg) is 'n stabiele isotoop van magnesium. Dit is 'n taamlik seldsame isotoop.
KMR Dit is die enigste magnesiumisotoop wat vir kernspinresonansie gebruik kan word. Omdat dit 'n kwadrupool besit is die resonansiepieke taamlik breed, veral indien die kern se omgewing min simmetrie besit. Die gevoeligheid by natuurlike aanwesigheid is slegs 2,68x10-4 relatief ten opsigte van die proton s'n, of effens beter as C s'n. Mg-KMR word hoofsaaklik gebruik om relaksasietye te meet en daarmee binding van magnesium aan biologiese substrate te bestudeer.Hebreeuse universiteit van Jerusalem
Verwysings
Kategorie:Isotope van magnesium