Magnesium-26 (chemiese notasie: Mg) is 'n stabiele isotoop van magnesium. Dit is 'n taamlik seldsame isotoop.

Radiometriese datering Hierdie isotoop is die vervalproduk van die uitgestorwe isotoop aluminium-26 wat 'n halfleeftyd van 700 mj besit. Die verhouding van die isotope Mg/Mg kan daardeur wissel afhanklik van die aanwesigheid van aluminium-26 in die verlede. Hierdie verhouding kan met die Mg/Al-verhouding vergelyk word om die leeftyd van meteoriete te bepaal.NASA 1993

NMR Hierdie isotoop se kernspin I=0 en dit is daardeur nie vir kernspinresonansie geskik nie.

Isotoopverhoudings Die δMg-isotoopverhouding word in die geochemie gebruik om die poriewater van neerslae in die see en die oseaan te bestudeer. Dit kan wissel van -2,56 tot +1,13 ‰ Reënwater, gemeet in Santa Cruz, Kalifornië het 'n waarde van -0,79±0,05 wat gelyk is aan die oseaanwater s'n, maar in die Alpe is waardes van -1,59 tot -1,29 gemeet. In gesteentes kan die afwyking nog baie groter wees. In monsters wat volop kalsiet bevat, word waardes van -5,57 tot -1,04 ‰ aangetref.Non-Traditional Stable Isotopes Walter de Gruyter GmbH & Co KG, 2017, ,

Die standaard wat vandag gebruik word word DSM3 genoem. Dit is 'n oplossing van magnesiumnitraat in water. 'n Standaard wat lank gebruik is, is NIST SRM 80. In 2003 is dit afgeskaf omdat dit blyk dat dit nie heeltemal homogeen is nie.CIAAW IUPAC

Verwysings

Kategorie:Isotope van magnesium