Natrium-22 (chemiese notasie: Na) is 'n radioaktiewe isotoop van natrium.

Verval links|300px Hierdie kern verval hoofsaaklik deur vrystelling van 'n positron (90,6%). In 9,4% van die gevalle vind elektronvangs plaas. Positronemissie is 'n driedeeltjiesproses waarin 'n proton in 'n neutron verander en 'n neutrino vrygestel word:

Die isotoop verval hierdeur na neon-22. Die maksimale energie van die positron is 543 keV, maar dit kan deur die driedeeltjiesproses ook laer wees. Die waarskynlikste energie is ongeveer 240 keV.

Aanwending Natrium-22 is 'n goeie bron van positrone, wat in die tegniek positron-annihilasie-spektroskopie (PAS) gebruik word.Positron annihilation spectroscopy Materials Structure 8(2) 2001

Verwysings

Kategorie:Isotope van natrium