Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Kikuyu (volk).
Kikuyu of Gikuyu (Gĩkũyũ, [ɣēkōjó]) is 'n Bantoetaal in Oos-Afrika wat deur sowat 6,6 miljoen mense gepraat word. Dit word hoofsaaklik deur die Kikuyu in die drie lande Kenia, Tanzanië en Uganda gepraat. Kikuyu is ná Swahili en nog voor Engels die tweede mees gesproke taal in Kenia en word veral in die sentrale provinsie tussen die stede Nyeri en Nairobi gebesig. Die Kikuyu vorm ook die grootste etniese groep in Kenia, met sowat 4,4 miljoen mense.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Bantoetale Kategorie:Tale van Kenia Kategorie:Tale van Tanzanië Kategorie:Tale van Uganda