15760 Albion, met die voorlopige naam , was die eerste trans-Neptunus-voorwerp (TNV) wat ontdek is ná Pluto en Charon. Dit is in 1992 ontdek deur David C. Jewitt en Jane X. Luu by die Mauna Kea-sterrewag in Hawaii. Nadat hulle dit ontdek het, het hulle dit "Smiley" genoem en dit is gou deur die pers beskryf as die tiende planeet. Dit behoort tot die "koue" populasie in die Kuipergordel en het gelei tot die naam "cubewano's" ("Q-B-1-o's") vir hierdie soort voorwerp na aanleiding van die QB1-deel van sy voorlopige naam. Dit dui daarop dat dit die 27ste voorwerp is wat in die tweede helfte van Augustus daardie jaar ontdek is.Voorlopige name vir kleinplanete en asteroïdes volg ’n formaat, waarin die jaar waarin dit ontdek is eerste kom, gevolg deur die halwe maand alfabeties (bv. A=1-15 Januarie, B=16-31 Januarie, ens., maar die letters I en Z word nie gebruik nie) en dan die volgorde van die ontdekking alfabeties gevolg deur ’n syfer (bv. 1992 QA, 1992 QB, 1992 QC ... 1992 QY, 1992 QZ, 1992 QA1, 1992 QB1, ens.) Hiervolgens is Q=16-31 Augustus en B1=25+2=27.

Teen Januarie 2018 is nog meer as 2 400 voorwerpe anderkant Neptunus ontdek, waarvan ’n groot deel klassieke Kuipergordelvoorwerpe is.

Naam Die TNV het tot in Januarie 2018 naamloos gebly en is gewoonlik net "QB1" genoem, hoewel dit tegnies dubbelsinnig kon wees sonder die jaar van sy ontdekking vooraan. Dit is eindelik op 31 Januarie 2018 genoem na die karakter Albion uit William Blake se mitologie. Albion is die oereilandbewoner wie se verdeling gelei het tot The Four Zoas: Urizen, Tharmas, Luvah/Orc en Urthona/Los. Dié naam is weer afgelei van die antieke en mitologiese naam vir Brittanje.

Verwysings

Eksterne skakels

015760 Kategorie:Kuipergordel