Die APEC (Engels: Asia-Pacific Economic Cooperation; letterlik: "Asië-Pasifiese Ekonomiese Koöperasie") is 'n samesluiting van 21 ekonomieë wat aan die Stille Oseaan grens en vir vryhandel in die Asiaties-Stille Oseaan-streek beywer. Die organisasie is op 6–7 November 1989 in die Australiese hoofstad Canberra op inisiatief van Australië, Japan en die Verenigde State saam met nege verdere lande gestig. Die hoofkantoor is in Singapoer geleë en die amptelike taal is Engels. Byna die helfte van die wêreldbevolking bly in die 21 APEC-lande. Die ekonomiese gebied verteenwoordig meer as die helfte van die wêreldwye ekonomiese uitset en is een van die vinnigste groeiende ekonomiese streke in die wêreld.

Lidlande Die APEC het tans 21 lede, insluitende die meeste lande langs die Stille Oseaan se kus, maar die kriterium vir lidmaatskap is 'n onafhanklike ekonomie in plaas van 'n onafhanklike land. Die organisasie praat dus van lid-ekonomieë in plaas van lidlande. As gevolg hiervan is die deur die Volksrepubliek China ('n lid op sy eie reg) opgeëiste eiland Taiwan met die Republiek China onder die naam Chinese Taipei lid van die organisasie, maar ook die Britse kolonie Hongkong wat nou 'n spesiale administratiewe streek van die Volksrepubliek China is. Al die klein eilandnasies van Melanesië, Mikronesië en Polinesië met hul klein ekonomieë is egter nie lede van die APEC nie, maar word deur die Pasifiese Eilandforum verteenwoordig. 'n Ander belangrike vennootorganisasie is ASEAN, waarvan die meeste lidlande ook lede van die APEC is, behalwe vir Kambodja, Laos en Mianmar. Die Sentraal-Amerikaanse lande Costa Rica, El Salvador, Guatemala, Honduras en Panama asook die Suid-Amerikaanse lande Colombia en Ecuador is egter nie lede van die APEC nie.

duimnael|400px|Lidlande van die APEC duimnael|400px|Moontlike uitbreiding van die APEC: Lid-ekonomie(ë) Naam gebruik deur APEC Datum van aansluiting BBP (PPP) in 2017(Miljoen Int$) Australia November 1989 1 235 297 Brunei Darussalam November 1989 32 958 Canada November 1989 1 763 785 Indonesia November 1989 3 242 966 Japan November 1989 5 405 072 Republic of Korea November 1989 2 026 651 Malaysia November 1989 926 081 New Zealand November 1989 185 748 The Philippines November 1989 874 518 Singapore November 1989 513 744 Thailand November 1989 1 228 941 The United States November 1989 19 362 129 Chinese Taipei November 1991 1 175 308 Hongkong, China November 1991 453 019 People's Republic of China November 1991 23 122 027 Mexico November 1993 2 406 087 Papua New Guinea November 1993 30 839 Chile November 1994 452 095 Peru November 1998 424 639 Russia November 1998 4 000 096 Viet Nam November 1998 643 902

Spitsberade Jaar # Datums Land Stad Gasheerleier 1989 1ste 6–7 November Canberra Eerste Minister Bob Hawke 1990 2de 29–31 Julie Singapoer Eerste Minister Goh Chok Tong 1991 3de 12–14 November Seoel President Roh Tae-woo 1992 4de 10–11 September Bangkok Eerste Minister Chuan Leekpai 1993 5de 19–20 November Blake-eiland President Bill Clinton 1994 6de 15–16 November Bogor President Suharto 1995 7de 18–19 November Osaka Eerste Minister Tomiichi Murayama 1996 8ste 24–25 November Subic President Fidel Ramos 1997 9de 24–25 November Vancouver Eerste Minister Jean Chrétien 1998 10de 17–18 November Kuala Lumpur Eerste Minister Mahathir Mohamad 1999 11de 12–13 September Auckland Eerste Minister Jenny Shipley 2000 12de 15–16 November Bandar Seri Begawan Sultan Hassanal Bolkiah 2001 13de 20–21 Oktober Sjanghai President Jiang Zemin 2002 14de 26–27 Oktober Los Cabos President Vicente Fox 2003 15de 20–21 Oktober Bangkok Eerste Minister Thaksin Shinawatra 2004 16de 20–21 November Santiago de Chile President Ricardo Lagos 2005 17de 18–19 November Busan President Roh Moo-hyun 2006 18de 18–19 November Hanoi President Nguyễn Minh Triết 2007 19de 8–9 September Sydney Eerste Minister John Howard 2008 20ste 22–23 November Lima President Alan Garcia Perez 2009 21ste 14–15 November Singapoer Eerste Minister Lee Hsien Loong 2010 22ste 13–14 November Jokohama Eerste Minister Naoto Kan 2011 23ste 12–13 November Honolulu President Barack Obama 2012 24ste 9–10 September Wladiwostok President Wladimir Poetin 2013 25ste 5–7 Oktober Bali President Susilo Bambang Yudhoyono 2014 26ste 10–11 November Beijing President Xi Jinping 2015 27ste 18–19 November Pasay President Benigno Aquino III 2016 28ste 19–20 November Lima President Pedro Pablo Kuczynski 2017 29ste 10–11 November Da Nang President Trần Đại Quang 2018 30ste 17–18 November Port Moresby Eerste Minister Peter O'Neill 2019 31ste 16–17 November (Gekanselleer) Santiago President Sebastián Piñera 2020 32ste 20 November Kuala Lumpur (Virtuele vergadering) Eerste Minister Muhyiddin Yassin 2021 33ste 16 Julie en 12 November Auckland (Virtuele vergadering) Eerste Minister Jacinda Ardern 2022 34ste 18–19 November Bangkok Eerste Minister Prayut Chan-o-cha 2023 35ste 15–17 November San Francisco President Joe Biden 2024 36ste n.v.t. Cusco President Dina Boluarte 2025 37ste n.v.t. n.v.t. n.v.t.

Die APEC se spitsberade is bekend vir hul aansluitende groepfoto van al die deelnemende staats- en regeringshoofde in tradisionele klere van die gasheerland.

Verwysings

Verdere leeswerk

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Internasionale ekonomiese organisasies Kategorie:Stille Oseaan