Sir John Barrow (1764–1848) was 'n Engelse ontdekkingsreisiger. Hy gebore van arm ouers op Ulverston en het begin werk in 'n ystersmeltery op Liverpool. Hy werk homself op van tydhouer tot vennoot. As sekretaris vir lord George Macartney, die eerste Britse ambassadeur na China, besoek hy die Ooste en in 1797 kom hy saam met Macartney na die Kaapkolonie toe hy Goewerneur geword het onder die eerste Britse bewind. Barrow word op 'n ontdekkings en diplomatieke sending na die grens gestuur, hy stel 'n staatsdiens pos in en trou met 'n plaaslike meisie, Anna Maria Truter en keer in 1803 na Engeland terug. Sy boek Travels into the Interior of South Africa verskyn in 1806 en is een van die bekendste werke in sy soort. As minister van die Vloot van 1804 tot 1845 is hy in 1835 verhef tot baronet.

Sy ondervinding as jong man op 'n Groenlandse walvisjagter het sy belangstelling gaande gemaak in Poolontdekkingstogte en Kaap Barrow, Barrow-straat en Punt Barrow is almal na hom vernoem. Hy help met die stigting van die Royal Geographical Society in 1830. Hy is oorlede in 1848.

Bronne

Pretorius, Celestine: Anna Maria Truter (Lady Barrow) - Suid-Afrika se eerste skilderes. In: Lantern. Tydskrif vir Kuns, Kennis en Kultuur. Jaargang 29, nr. 1, Desember 1979

Eksterne skakels

Kategorie:Engelse ontdekkingsreisigers Kategorie:Engelse skrywers Kategorie:Geboortes in 1764 Kategorie:Sterftes in 1848