John Andile Mngxitama is 'n Suid-Afrikaanse politikus van die nuutgevormde uMkhonto we Sizwe Party in die 7de Parlement. Voorheen was hy die leier van die verlinkse politieke party Black First Land First.
Loopbaan Mngxitama was vanaf 21 Mei 2014 tot en met April 2015 lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die Ekonomiese Vryheidsvegters. Hy verloor met effek van 13 April 2015 sy setel in die Nasionale Vergadering ingevolge afdeling 47(3)(c) van die Grondwet van Suid-Afrika, wat bepaal dat 'n persoon sy lidmaatskap tot die Nasionale Vergadering verloor indien hy ophou om 'n lid van die party te wees wat hom tot die Nasionale Vergadering benoem het, waarna hy op 24 Oktober 2015 Black First Land First stig.
Eksterne skakels Andile Mngxitama op People's Assembly
Kategorie:Politici van die Economic Freedom Fighters Kategorie:Lewende mense Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika Kategorie:Politici van Black First Land First