Leonard Jones Basson (gebore 8 April 1960) is 'n Suid-Afrikaanse politikus, 'n Parlementslid (LP) vir die Demokratiese Alliansie en die provinsiale leier van die DA in die Noordwes. Basson het vanaf 2017 tot 2020 as die adjunk-provinsiale leier gedien. Hy het al verskeie poste in die Amptelike Opposisie-skadukabinet van Suid-Afrika beklee. Hy was tussen 2014 en 2017 die skadu-adjunkminister van water en sanitasie voordat hy in 2017 tot skaduminister van water en sanitasie bevorder is. Na die 2019-verkiesing is hy as die skaduminister van menslike nedersettings, water en sanitasie aangewys. Hy dien sedert Desember 2020 as die skaduminister van water en sanitasie. Biografie Basson woon al sedert 1976 in Brits in die Noordwes. Hy is getroud met Daleen, en hulle het drie kinders en ses kleinkinders. Basson het vir 10 jaar op die beheerliggaam van Laerskool Pansdrif gedien en was vir ses jaar die voorsitter. Hy was ook vir 12 jaar 'n lid van die beheerliggaam van Hoërskool Brits en het vir nege jaar lank as die voorsitter gedien. Politieke loopbaan Basson is 'n lid van die Demokratiese Alliansie (voorheen die Demokratiese Party). In 1995 is hy as raadslid van die Madibeng Paaslike Munisipaliteit verkies. Hy het tot sy verkiesing tot die Nasionale Vergadering in die algemene verkiesing van 2014 as 'n raadslid gedien. Die DA-parlementêre leier, Mmusi Maimane, het hom as die skadu-adjunkminister van water en sanitasie aangestel. Hy is in 2017 tot Skaduminister van Water en Sanitasie bevorder. Hy is ook in 2017 as die DA se adjunkleier in die Noordwes verkies. Hy is tans hoof van die DA se Madibeng-kiesafdeling.

Hy is in Mei 2019 tot die Parlement herverkies. Maimane het hom toe as Skaduminister vir die nuutgeskepte portefeulje Menslike Nedersettings, Water en Sanitasie aangestel.

Op 21 November 2020 is Basson as die DA se provinsiale leier in die Noordwes verkies. Hy is dae daarna deur die nuutverkose DA nasionale leier John Steenhuisen as die skaduminister van water en sanitasie aangewys.

In April 2021 was Basson sterk gekant teen die departement van water en sanitasie se besluit om 24 Kubaanse ingenieurs in diens te neem om Suid-Afrika se waterkrisisse aan te spreek. Hy het 'n beroep op minister Lindiwe Sisulu gedoen om die ontplooiing om te keer en eerder Suid-Afrikaanse ingenieurs te gebruik.

Na die skorsing van voormalige Noordwes premier Supra Mahumapelo se ANC-lidmaatskap aan die einde van April 2021, het Basson gesê dat "die skorsing meer as tien jaar te laat kom" en dat die Noordwes Provinsie "vandag in 'n beter posisie sou gewees het as Supra Mahumapelo nooit gebeur het nie.

In Julie 2023 is Basson as die DA se provinsiale leier herverkies. Verwysings

Eksterne skakels Leon Basson se profiel op People's Assembly

Kategorie:Afrikaners Kategorie:Geboortes in 1960 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika Kategorie:Politici van die Demokratiese Alliansie