Fluoor-18 (chemiese notasie: F) is 'n sintetiese radioaktiewe isotoop van fluoor.
Mediese aanwendings Die isotoop het 'n halfleeftyd of 109 minute en sy verval stel 'n positron vry wat skielik saam met 'n elektron annihileer en twee γ-fotone van 511 MeV in teenoorgestelde rigtings vrystel. Die isotoop word byvoorbeeld in 'n gefluorineerde suikermolekuul (fluorodeosksiglukose FDG) ingebou wat aan pasiënte gegee word. Die vrygestelde γ-fotone word in spesiale kameras waargeneem. Hierdie afbeeldingstegniek word positronemissietomografie genoem en dikwels in die onkologie aangewend.Fluorine-18 and medical imaging: Radiopharmaceuticals for positron emission tomography Journal of fluorine chemistry 127(11) 2006 bls. 1488-1493
Verwysings
Kategorie:Isotope van fluoor