Solomon Patrick Mabilo is 'n Suid-Afrikaanse politikus afkomstig van die Noord-Kaap wat sedert November 2018 as die burgemeester van die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit dien. Hy is 'n lid van die African National Congress en het voorheen die party in beide die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika en die Noord-Kaapse Provinsiale Wetgewer verteenwoordig. Mabilo was die Noord-Kaapse LUR vir Omgewing en Natuurbewaring vanaf 2013 tot 2014 en die provinsiale LUR vir Vervoer, Veiligheid en Skakeling tussen 2009 en 2013.
Vroeë lewe Mabilo is in Galeshewe, 'n woonbuurt van Kimberley, gebore. Hy was destyds by die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie betrokke voordat hy 'n lid van die African National Congress geword het.
Politieke loopbaan In Mei 2009 is Mabilo tot die Noord-Kaapse Provinsiale Wetgewer verkies. Hy is op 6 Mei 2009 as 'n LPW ingehuldig. Nuutverkose premier Hazel Jenkins het hom op 11 Mei 2009 as die LUR vir Vervoer, Veilgiheid en Skakeling aangewys. Hy is op dieselfde dag ingehuldig.
Sylvia Lucas is in Junie 2013 as premier van die Noord-Kaap verkies en het Mabilo as die LUR vir Omgewing en Natuurbewaring aangestel.
Mabilo is in Mei 2014 tot die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika verkies en op 21 Mei as 'n LP ingehuldig. Hy het in Oktober 2017 as parlementslid bedank. Op 27 Februarie 2018 is Mabilo weer as 'n LPW ingehuldig. Hy het die setel van Alvin Botes gevul.
Hy is in September 2018 as die ANC se kandidaat vir Sol Plaatje burgemeester aangewys. Hy sou vir Mangaliso Matika opgevolg het maar by die spesiale raadsitting in Oktober is Pule Thabane as die nuwe burgemeester verkies. Die ANC het gevolglik al hul raadslede wat vir Thabane gestem het se lidmaatskap opgeskort. Mabilo is op 28 November as die nuwe burgemeester verkies. Hy beklee tans die amp.
Verwysings
Eksterne skakels Solomon Patrick Mabilo
Kategorie:Politici van die African National Congress Kategorie:Lewende mense Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika