duimnael|regs|Tewaterlating by die Portsmouth Vlootskeepswerf, 1 Augustus 1953 Die USS Albacore was 'n konvensionele dieselaangedrewe eksperimentele duikboot van die Amerikaanse Vloot waarmee pionierswerk vir die traandruppelontwerp gedoen is. Die eksperimentering het aanleiding gegee tot die Skipjack-klas duikbote.
Hierdie rewolusionêre ontwerp was geskoei op intensiewe hidrodinamiese en windtonneltoetse met die klem op onderwaterspoed en beweegbaarheid. Hierdie was die derde skip van die Amerikaanse Vloot wat die naam Albacore gedra het.
Sy kiel is op 15 Maart 1952 by die Portsmouth Vlootskeepswerf, Maine gelê en die boot is te water gelaat op 1 Augustus 1953.
Toetsfases Die duikboot se indienstydperk was een lang eksperiment en kan in vier fases verdeel word:
Fase I (1953–55) Hidrovlerke aan die boeg, enkelskroef, beheeroppervlaktes agter die skroef, dorsale roer
Fase II (1956–59) Geen boeghidrovlerke, beheeroppervlaktes voor die skroef
Fase III (1960–66) X-agterstewe, noodluginlaatstelsel, snelheidsremme, dorsale roer (heraktiveer)
Fase IV (1967–72) X-agterstewe, kontra-roterende skroewe, silwer-sinkbattery, stroomlyn van romp (Projek SURPASS).
Kategorie:Duikbote