City of Oakland 280px Kaart Wapen 180px|senter 65px|senter Vlag 80px|senter  Land  Deelstaat 23px|raam Kalifornië County Alameda County Koördinate  Stigting 1850's Geïnkorporeer op 4 Mei 1852 Oppervlakte:    - Totaal 201,7 vk km  Hoogte bo seevlak 13 m Bevolking:    - Totaal (Skatting 2016) 412 040  - Bevolkingsdigtheid 2 901/vk km Tydsone PST (UTC -8) Somertyd PDT (UTC -7) Klimaat    - Tipe Mediterreense klimaat  - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 15,6 °C  - Gem. temp. Januarie/Julie 3,3 / 26,5 °C  - Gemiddelde jaarlikse neerslae 1336 mm Burgemeester Sheng Thao (D) Amptelike Webwerf oaklandca.gov Oakland is die grootste nedersetting in en administratiewe setel van Alameda County, 'n distrik in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië, met 'n bevolking wat in 2016 op 412 040 beraam is. Die stad, wat in die oostelike San Franciscobaaigebied (San Francisco Bay Area) geleë is, is die agtste grootse in die deelstaat.

Oakland is 'n eersterangse vervoerspilpunt met sy seehawe (die vyfde besigste in die hele Verenigde State) en 'n lughawe wat die stad met binnelandse en internasionale bestemmings verbind. Die San Franciscobaaibrug verbind Oakland met San Francisco. duimnael|links|Oakland se kimlyn, soos gesien vanuit die Berkeley Hills Die stadsgebied is oorspronklik bewoon deur Costonoa-Indiane (Ohlone in hul eie taal) wat voordeel kon trek uit die voldoende watervoorrade. Die eerste Europeërs, wat die gebied verken het, was ontdekkingsreisigers uit Nieu-Spanje wat in 1772 'n ekspedisie langs die Kaliforniese kus onderneem en namens die Spaanse koning aanspraak gemaak het op die huidige stadsgebied. Die eerste Europeër, aan wie die koninklike Spaanse regering in 1820 grond naby die huidige East Bay Area toegeken het, was 'n Spaanse soldaat, Luís María Peralta, wat die Rancho San Antonio bewoon het. Na aanleiding van 'n eikebos op sy plaas (encinal in Spaans) is die gebied Encinal genoem. Die Engelse stadsnaam is dus 'n regstreekse vertaling daarvan. Voor sy afsterwe in 1842 het Peralta sy grondbesit onder sy vier seuns opgedeel wat dit beskikbaar gestel het aan Amerikaanse setlaars, houtkappers, Europese walvisvangers en pelshandelaars.

Die vestiging van hoëtegnologie-ondernemings, wat ruim salarisse kan betaal, blyk vir Kalifornië se metropolitaanse gebiede tegelykertyd seën en vloek te wees. Nadat eiendomspryse en huurgelde in San Francisco skerp gestyg het, het baie bewoners uit laerinkomstegroepe hulle in Oakland gevestig. Intussen word ook Oakland se huurders deur Kalifornië se behuisingskrisis en grootskaalse gentrifikasie bedreig.San Francisco Chronicle, 19 April 2018: In Oakland, this is gentrification when it knocks on your door. Besoek op 9 Julie 2019 Volgens die Amerikaanse Sensus van 2010 was 55,3 persent van Oakland se inwoners aangewese op gehuurde wonings. Al word huurgeldvlakke en -stygings vir baie wooneenhede deur die munisipaliteit gereguleer, kan verhuurders 'n poging onderneem om bestaande huurkontrakte te beëindig en 'n woonstel of huis vervolgens teen die heersende markprys te verhuur - of die bedrag wat 'n nuwe huurder bereid sal wees om te betaal.

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Kalifornië