Edith Edna Molewa (23 Maart 1957 – 22 September 2018) was 'n Suid-Afrikaanse politikus en lid van die African National Congress.

Molewa is as die Minister van Water en Omgewingsake van Suid-Afrika aangestel op 31 Oktober 2010, as deel van 'n kabinetskommeling deur President Jacob Zuma. Op 25 Mei 2014 is haar departement verdeel en sy is aangestel as die Minister van Omgewingsake. Sy vervang daarmee haar voorganger, Buyelwa Sonjica.WASH News Africa:Edna Molewa replaces Buyelwa Sonjica as Water and Environmental Affairs Minister, top officials suspended , 2 November 2010 Molewa was besig om vir 'n BA in Kommunikasie te studeer aan die Universiteit van Suid-Afrika.Department of Environmental Affairs:biographies, 26 Julie 2015

Sy sterf op 22 September 2018 in die ouderdom van 61 aan legioensiekte ('n tipe longontsteking).

Politieke loopbaan Edna Molewa was betrokke by Suid-Afrika se bevrydingsbeweging van 1976 tot 1990. Gedurende daardie tyd was sy 'n lid van verskeie aktiviste- en plaaslike ekonomiese ontwikkelingsorganisasies. Aan die begin van 1984 het sy as voorsitter gedien van die Suid-Afrikaanse Commercial, Catering and Allied Workers Union en uiteindelik word sy adjunkpresident. In 1994 word Molewa die eerste vroulike voorsitter van die Portefeuljekomitee oor Handel en Nywerheid, en in 1996 begin sy dien as 'n lid van die Uitvoerende Raad vir Toerisme, Omgewing en Bewaring.People’s Assembly:Ms Edna Molewa , 26 Julie 2015Who’s Who South Africa:Edna Molewa , 26 Julie 2015

Sy was van 1998 tot 2000 'n lid van die Uitvoerende Raad vir Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme. Tussen 2000 en 2004 was Molewa 'n lid van die Uitvoerende Raad vir Landbou-, Bewaring- en Omgewingsake. Op 30 April 2004 word sy die eerste vrouepremier van die Noordwes Provinsiale Wetgewer, 'n pos wat sy beklee het tot 2009.

Vir 'n kort tyd was Molewa aangestel as die Minister van Maatskaplike Ontwikkeling, maar in 2010 is sy vervang deur Buyelwa Sonjica. In Mei 2014 is die departement verdeel en Edna Molewa het die Minister van Omgewingsake geword.

Edna Molewa was die kommunikasiehoof van die ANC Vroueliga en was sedert 2003 'n lid van die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee.

Omgewingskwessies Sedert sy die Minister van Omgewingsake geword het, het Molewa gepoog om renosters se veiligheid te verbeter deur 'n verskeidenheid bewaringspogings. Onder hierdie pogings is hervestigingsprogramme, teenstroop-inisiatiewe, die verkoop van renosters aan privaatreservate, wetstoepassingsamewerking op alle vlakke, en om te voldoen aan CITES-regulasies.

Molewa se administrasie het die wettiging van internasionale renosterhoringhandel ondersteun, en het renosters van hoë-risiko gebiede na lae-risiko gebiede verskuif, beide nasionaal en internasionaal, asook begin met die verkoop van meer as 200 witrenosters aan privaatkopers. Maar beplande verkope van renosters vanuit die Krugerwildtuin na private wildreservate is laat in 2014 gekanselleer nadat daar ontdek is dat sommige van die voornemende kopers die eienaars van onwettige jagondernemings is. Een van die beweerde kopers is daarvan beskuldig dat hy saketransaksies doen met Dawie Groenewald wie in hegtenis geneem is in die Verenigde State vir geldwassery en die verkoop van bedrieglike jagpakette en in hegtenis geneem is in 2010 in Suid-Afrika in verband met die onwettige afmaai van renosters.

Sterwe Molewa het op 22 September 2018 gesterf as 'n gevolg van legioensiekte, waarmee sy besmet is terwyl sy in China was vir 'n staatsbesoek.

Eksterne skakels

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers Kategorie:Politici van die African National Congress Kategorie:Geboortes in 1957 Kategorie:Sterftes in 2018