Vir die haaispesie sien Hammerkophaai
Die hamerkop (Scopus umbretta) is 'n mediumgrootte voël wat in Afrika suid van die Sahara en in Wes-Arabië aangetref word. As gevolg van die hamerkop se unieke eienskappe is die spesie self ook 'n genus (Scopus) en 'n familie (Scopidae).
Identifikasie Mediumgrootte voël (56 cm). Die vorm van die kop en kuif herinner aan 'n hamer en is die oorsprong van die voël se naam.Bruin vere bedek die hele voël.
Verspreiding Afrika suid van die Sahara, Madagaskar en Suidwes-Arabië in alle vleiland-gebiede. Hierdie voëls word gewoonlik alleen of in pare aangetref.
Dieet Voedsel bestaan uit vis, paddas, knaagdiere en klein ongewerweldes.
Ander name Engelse naam: Hamerkop Duitse naam: Hammerkopf Wetenskaplike naam: Scopus umbretta
Fotogalery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Hamerkoppe