Identifikasie Die Ludwigse pou (Neotis ludwigii) is 'n voëlspesie in die familie Otididae, en is vernoem na Baron von Ludwig. Sy grootte wissel van 'n medium tot groot voël.
Die Ludwigse pou weeg gemiddeld 3.4 kg vir die wyfie en 6,3 kg vir die heelwat groter mannetjie. Hoogte wissel van 76 tot 85 cm by wyfies en 80 tot 95 cm vir mannetjies.Liebenberg, Louis. Field Guide to the Animal Tracks of Southern Africa. David Philip, Publishers (1990),
Habitat en voedsel Sy habitat sluit semi-droë grasveld in, maar daar is gevind dat die voëls plaaslik agter reëns aantrek. Dit vreet meestal groot insekte (hoofsaaklik sprinkane), sowel as blomme en sade. Gedurende tye van hoë reënval is al soveel as 230 Ludwigse poue op een slag gesien vreet aan 'n swerm sprinkane.Dean & Milton (editors), The Karoo: Ecological Patterns and Processes. Cambridge University Press (1999),
Verspreiding Kom voor in Angola, Botswana, Lesotho, Namibië, en Suid-Afrika.
Ander name Engels: Ludwig's bustard Wetenskaplike naam: Neotis ludwigii
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bronnelys Newman se Voëls van Suider-Afrika.
Verwysings
Kategorie:Korhane en wildepoue