Wildepoue en korhane is groot voëls wat hoofsaaklik met droë, oop lande en steppes van Afrika en Eurasië geassosieer word. Hulle vorm saam die familie Otididae (vroeër bekend as Otidae). Wildepoue is nie familie van die flambojante Asiatiese poue nie.

Hierdie voëls is omnivore en maak hulle neste op die grond. Hulle het stewige, sterk bene en groot tone wat hulle ondersteun terwyl hulle loop en na kos pik. Hulle het lang, breë vlerke.

Die wyfie lê telkens drie tot vyf donker, gespikkelde eiers in 'n gat in die grond en broei hulle alleen uit.

Status Meeste spesies is besig om te verminder of bedreig te word deur die vermindering en verlies aan habitat, selfs waar hulle normaalweg beskerm word.Bota, G., J. Camprodon, S. Mañosa & M.B. Morales (Editores). (2005). Ecology and Conservation of steppe-land birds. Lynx Editions. Barcelona ; . Twee Otis tarda (en: Great bustard) eiers is onlangs gelê in die Verenigde Koninkryk vir die eerste keer in oor die 150 jaar, http://www.wildlifeextra.com/go/news/bustard-eggs.html maar hulle was onbevrug; moontlik a.g.v. die meestal jong manlike populasie. Die laaste wildepou in Brittanje het omstreeks 1832 gesterf, maar die voël word hervestig deur groepe kuikens vanaf Rusland in te voer.

Spesies Otis tarda Ardeotis arabs Ardeotis kori – Gompou Ardeotis nigriceps Ardeotis australis Chlamydotis undulata Chlamydotis macqueenii Neotis ludwigii – Ludwigse pou Neotis denhami – Veldpou Neotis heuglinii Neotis nuba Eupodotis senegalensis – Witpenskorhaan Eupodotis caerulescens – Bloukorhaan Eupodotis vigorsii – Vaalkorhaan Eupodotis rueppellii – Woestynkorhaan Eupodotis humilis Lophotis savilei Lophotis gindiana Lophotis ruficrista – Boskorhaan Afrotis afra – Swartvlerkkorhaan Afrotis afraoides – Witvlerkkorhaan Lissotis melanogaster – Langbeenkorhaan Lissotis hartlaubii Houbaropsis bengalensis Sypheotides indica Tetrax tetrax

Verwysings

Sien ook

Kategorie:Korhane en wildepoue