Die veereier (Bubulcus ibis) is 'n klein wit voël wat aan die familie van reiers behoort. Hierdie voëls staan in die volksmond as bosluisvoëls bekend. Dit is 'n algemene standvoël in dele van sy gebied en 'n trekvoël in ander. Dit is die enigste spesie in die genus Bubulcus. In Engels staan die voël bekend as die Western Cattle Egret en in Nederlands as die Koereiger.

Voorkoms Die voël is 48 tot 54 cm groot en 280 tot 450 gram swaar. Hulle is klein, kompakte witreiers met 'n kort snawel, nek en bene. Die snawel is geel en die bene is olyfgeel. Die volwasse voël het dofgeel pluime op die kroon, mantel en bors.

duimnael|links|'n Mannetjie in broeigewaad. duimnael|links|Eier

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bronnelys Newman se Voëls van Suider-Afrika; Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Reiers