Die Suidelike bromvoël (Bucorvus leadbeateri) is 'n voël wat aan die genus van bromvoëls (Bucorvus) en die familie Bucorvidae behoort. Hulle is groot swart voëls wat hoofsaaklik in Afrika suid van die Sahara voorkom. Bromvoëls is omnivore, maar eet oor die algemeen dierlike voedsel, soos voëltjies, reptiele, amfibieë en insekte. Die voël is 'n skaars standvoël en nomade in savanne, boomveld en grasveld met aangrensende woude.

Ander name Engelse naam: Southern ground-hornbill Xhosa: Intsikizi Zoeloe: iNgududu of iNsingizi Tswana: Lehututu

Identifikasie Die voël is 90 tot 130 cm groot en weeg 2.5 tot 6 kilogram. Dit is 'n baie groot neushoringvoël met 'n lang, krom snawel en die gesig en keel is opvallende rooi. Die hoofslagvere is wit en opvallend in vlug. Die volwasse wyfie het 'n klein violetblou keelvlek en uitgebreide rooi keelsakke. Die jong voël is roetbruin met 'n dofgelerige gesig en keel.

Hierdie voël se verspreidingsgebied en getalle het in die 20ste eeu met ongeveer twee derdes afgeneem en word nou hoofsaaklik tot groot reservate beperk.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Galery

Bronnelys Newman se Voëls van Suider-Afrika. Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Eksterne skakels

Kategorie:Neushoringvoëls Kategorie:Voëls van die Krugerwildtuin