Die reusereier (Ardea goliath) is gelokaliseerde algemene standvoël en nomade by mere, damme, groot riviere en riviermondings. In Engels staan die voël bekend as die Goliath Heron.

Identifikasie duimnael|links|110px|Eier van die reusereier Die voël is 135 tot 150 cm lank en weeg 3 tot 3.4 kilogram en is die grootste reier. Die snawel is lank, massief en swaar. Die kop, nek en borskant is ryk, kastaiingsbruin en lyk baie soos die kleiner rooireier. Die kop is ongestreep (nie soos rooireier nie) en die bene en snawel is swarterig. Die jong voël is effens valer en minder rooibruin terwyl die voornek, bors, pens en onderdekvere wit is met swart strepe op.

Die voël vlieg, stadig en moeisaam; dit klap sy groot vlerke stadig en diep. Hulle broei alleen of in klein groepies, soms saam met ander reiers.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bronnelys Newman se Voëls van Suider-Afrika. Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Kategorie:Reiers